Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Hands off Zuma’: Meer as 3 500 mense nou buite Nkandla

Passievol, gemotiveerd en nie ’n masker in sig nie.

So het dit Sondagmiddag buite oudpres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal, gelyk waar meer as 3 500 mense saamdrom.

Daar word min tot geen Covid-19-regulasies tussen die dansery en singery gehandhaaf nie.

“Hands off, Jacob Zuma. Zondo is gekaap. Ons wil nie deur witmonopoliekapitaal beheer word nie,” is van die boodskappe op ondersteuners se plakkate.

Meer as 3 500 mense drom buite oudpres. Jacob Zuma se Nkandla-woning saam. Foto: Mlungisi Louw

’n Groot groep Zoeloe-krygers is ook Sondag weer by Nkandla se hoofingang, sonder maskers, in.

As deel van Zuma se dringende aansoek om sy vonnis om te keer, sê hy dat hy bang is vir sy gesondheid in die tronk.

“Maskers is (pres. Cyril) Ramaphosa se dinge,” sê verskeie ondersteuners wat deur Netwerk24 genader is.

Van die ondersteuners drink ook uit dieselfde water- en koeldrankbottels.

Alkohol word ook gedrink.

Die polisie het vroeër die paaie aan die buitewyke van Nkandla versper. Ná konfrontasies blyk dit egter nou dat ondersteuners hulle sin gekry het. Die polisie laat hulle nou deur en dié groepe kom in groot getalle by Nkandla aan.

Zuma sal na verwagting die land om 18:00 toespreek.

Volg Netwerk24 vir regstreekse dekking hier.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Tronkstraf  |  Nkandla  |  Hof  |  Konstitusionele Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.