Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hartswater-moorde: Komitee loof polisie

Die portefeuljekomitee oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het die optrede van die polisie geloof met die vinnige inhegtenisname van vyf verdagtes wat na bewering betrokke was by die Hartswater-moorde.

Danie (83) en Breggie Brand (73) en hul dogter Elzabie (54) is Sondag in die Brand-egpaar se huis aangeval. Hul lyke is Dinsdag in Taung, sowat 30 km van Hartswater in die Noord-Kaap, gevind.

Nkosi Zwelivelile Mandela, voorsitter van die komitee, het die inhegtenisneming van die verdagtes verwelkom.

“Ons regstelsel moet ’n sterk boodskap uitstuur dat daar geen plek in ons demokrasie is vir sulke onmenslike dade nie,” het Mandela gesê.

“Ons het aanvalle op plase en op boere herhaaldelik veroordeel as dade van erge misdadigheid, wat nadelig is vir die maatskaplike samehorigheid wat ons jong demokrasie nodig het,” het Mandela bygevoeg.

Hy het weer eens ’n beroep op boere, plaasbewoners en landelike gemeenskappe gedoen om altyd op die uitkyk te wees en te help met die insameling van inligting, wat kan help om geweldsmisdaad op plase te verminder.

Meer oor:  Hartswater-Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.