Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Haweloses: Seks op straat ontstel burgemeester

Seks hoort nie op Kaapstad se strate nie.

Dít is een van die redes wat Dan Plato, burgemeester, aanvoer vir die optrede teen hawelose mense op die stad se strate.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad.Foto: Deon Raath

Plato is Woensdag op die raadsvergadering deur Xolani Sotashe, ANC-raadslid, gevra of daar ’n spesiale munisipale regulasie is om boetes uit te skryf vir mense wat op sypaadjies bly.

Plato het geantwoord daar is geen spesiale regulasies nie, maar om haweloos te wees is nie ’n verskoning om ook wetteloos te wees nie.

“Ek loop gereeld deur die strate. Daar is hawelose mense wat daar in die openbaar seks met mekaar het – dít terwyl kinders op pad skool toe daarin moet vaskyk. Moet ons dit dan toelaat?” sê Plato.

Hy sê daar is nie ’n aanslag teen hawelose mense in Kaapstad nie, maar daar is ’n aanslag teen mense wat wette ignoreer. “Moet ons dit ignoreer net omdat hulle haweloos is?” vra Plato.

Daar is ’n sekere kategorie, ’n minderheid van die hawelose mense, wat toeriste teister. Plato sê daar moet gekies word tussen ’n stad waar hawelose mense net kan doen wat hulle wil, of ’n stad waar toeriste beveilig word. Indien toeriste nie meer na Kaapstad kom nie, gaan daardie inkomste verdwyn. Dan sal die stad tot niet gaan, sê Plato.

“Ons doen meer as enige ander stad in die land om ons hawelose mense te versorg. Baie van die mense wat op straat bly, het ’n huis om na heen te gaan, maar hulle verkies die strate. Natuurlik is daar ook baie wat weens ’n verskeidenheid van oorsake op straat beland, en dit is hulle wat ons deurentyd probeer help met maatskaplike programme,” sê Plato.

Volgens hom is daar wel misdadigers wat tussen die hawelose mense wegkruip en aan hulle ’n slegte naam gee.

“Daar is geen plek vir aggressiewe bedelary of dwelmsmouse of grypdiewe op straat nie. Beamptes het ’n aantal misdadigers uitgeken en hulle in hegtenis geneem,” sê Plato.

Hy sê daar is geen rede waarom mense op straat moet slaap nie, daar is beddens in skuilings wat oop is, die skuilings is nie vol nie, maar daar is mense wat weier om van dié hulp gebruik te maak.

Meer oor:  Dan Plato  |  Xolani Sotashe  |  Kaapstad  |  Haweloses
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.