Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hef sanksies op teen Zim, vra Cyril

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag ’n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om sanksies teen Zimbabwe op te hef.

Dit het volgens Al Jazeera tot ontevredenheid onder sommige Zimbabwiërs gelei wat hulself op sosiale media teen Ramaphosa se versoek uitgespreek het.

Hul teenstand teen sy oproep kom nadat veiligheidsmagte die afgelope tien dae hardhandig teen betogers opgetree het.

Ramaphosa het volgens Reuters ook gesê Suid-Afrika is in gesprek met Zimbabwe om hulp aan dié land te verleen.

Ramaphosa beskou die situasie in Zimbabwe as ’n uitdaging vir Afrika. Hy beplan om in ’n later stadium samesprekings met pres. Emmerson Mnangagwa te voer.

Ramaphosa se oproep oor die sanksies is gedoen tydens sy besoek aan Davos, Switserland, vir die Wêreld Ekonomiese Forum.

Volgens Ramaphosa het sanksies ’n negatiewe uitwerking op Zimbabwe se ekonomiese groei en moet die land ná die algemene verkiesing nou die kans gegun word om sy volle potensiaal te bereik, berig die Chronicle.

Meer oor:  Cyril Rama­Phosa  |  Suid-Afrika  |  Zimbabwe  |  Davos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.