Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Help ons, of ons gaan nie stem nie’

Massaoptogte in verskillende gemeenskappe is maar net die begin om meer aandag te vestig op die werklike probleme van bendegeweld en misdade wat daagliks ’n impak op talle se lewe het.

Só verduidelik inwoners van plekke soos Bishop Lavis, Elsiesrivier, Kensington en Bonteheuwel, wat reeds vreedsame betogings in die strate gehou het.

Betogers word Woensdagoggend tydens ’n betoging in Valhallarylaan deur die polisie dopgehou.Foto: Facebook/Voice of the Cape

Woensdagoggend het sowat 300 mense in Bishop Lavis die strate ingevaar uit protes teen bendegeweld en dwelms, en vra dat hul woongebied beveilig word.

Die betogers het tussen 05:00 en 10:00 vreedsaam betoog, hoewel wetstoepassers rubberkoeëls afgevuur het.

Richard Coleman, woordvoerder van die Kaapstad-metro se verkeersdienste, sê verskeie strate was gesluit omdat die groepe op verskillende plekke byeenkom.

Die polisie se eenheid vir openbare orde en die metropolisie het die toneel gemonitor. Die groep Bishop Lavis Action Community (Blac) het die betoging gereël.

Die gemeenskap van Bishop Lavis betoog teen bendegeweld en misdaad. Foto: Facebook/Voice of the Cape

Roegshanda Pascoe, ’n lid van Blac, het gesê inwoners is keelvol vir die regering en wetstoepassers wat nie hul werk doen en gemeenskappe beveilig nie.

Volgens Pascoe moet die gemeenskappe saamstaan om ’n impak te maak en daarom word ’n massaoptog vir 3 Oktober in Kaapstad se middestad beplan.

“Dit sal vir enigiemand van die Wes-Kaap wees wie se lewe deur bendes beïnvloed word.”

Sy het gesê die mense in hierdie gemeenskappe lewe elke dag in vrees vir hul lewe. “Ons huise het tronke geword. Ek is selfs te bang om winkels toe te gaan. Dis net moord en dood in ons strate.”

Pascoe sê indien die regering en wetstoepassers nie die pleidooi van die gemeenskappe hoor nie, sal hulle nie in die komende verkiesing stem nie. “Daar moet meer gedoen word om ons te beskerm. Die tronke dien ook nie as ’n afskrikmiddel nie. Dit is deesdae waar jy gaan om te leer skiet en jou vuurwapenlisensie te kry.”

Ter voorbereiding sal daar op 20 September ’n betoging in Mitchells Plain, en dalk later moontlik ook in Grassy Park, plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.