Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hervorming van grond vorder te stadig, sê Motlanthe

Wanneer daar na grondhervorming gekyk word, is dit duidelik Suid-Afrika se breuk met die verlede was alles behalwe skoon, sê oudpres. Kgalema Motlanthe.

Hy was Woensdag een van die sprekers op Rapport en City Press se grondindaba wat by die Johannesburg-buiteklub in Auckland Park gehou word.

“Voordat die kwessie van grondhervorming nie behoorlik gepak word nie, sal dit nie moontlik wees om die Suid-Afrika te bou wat in die Grondwet in die vooruitsig gestel word nie. Ons almal moet verantwoordelikheid aanvaar om seker te maak grondhervorming is suksesvol,” sê Motlanthe.

Hy was voorsitter van die parlementêre hoëvlakpaneel wat oor ’n tydperk van twee jaar ondersoek ingestel het na die doeltreffendheid van wetgewing wat sedert 1994 ingestel is. Die paneel het die land deurkruis om met deskundiges sowel as gewone mense te praat.

Motlanthe sê die restitusie- en grondhervormingsproses vorder te stadig.

“Die land se mense verdien dit om toegang tot grond te hê. Die Grondwet bepaal ook hulle moet dit hê.

Ons almal moet verantwoordelikheid aanvaar om seker te maak grondhervorming is suksesvol.

“Dit is baie duidelik dat die groot behoefte aan grond in die stedelike gebiede is omdat die mense naby aan hul werkplek wil woon,” sê Motlanthe.

Dit is volgens hom belangrik dat titelaktes aan dié mense gegee word omdat hulle daarsonder nie die grond waarop hulle woon as waarborg kan gebruik om finansiering te verkry nie. Die titelaktes sal hulle help om bates te bekom.

“Van die voorleggings wat aan die paneel gedoen is, het uitstekende voorstelle bevat oor hoe grondrestitusie- en hervorming aangepak behoort te word.”

Een van die groot foute van die regering is dat hy van almal boere wil maak.

Hoofman Livhuwani Matsila sê dit is onregverdig om titelaktes aan mense in stedelike gebiede te gee, maar nie aan dié in landelike gebiede nie.

“Verskillende soorte titelaktes moet in landelike gebiede toegeken word. Die beginsel moet wees: Gebruik die grond of verloor dit.

“Een van die groot foute van die regering is dat hy van almal boere wil maak. Dit werk nie so nie,” sê die hoofman.

Prof. Sarah Charlton van die Universiteit van die Witwatersrand se skool vir argitektuur en beplanning, sê sowat 34 miljoen mense in Suid-Afrika woon in die stedelike gebiede. Dit is 64% van die bevolking.

Meer oor:  Kgalema Motlanthe  |  Grondberaad  |  Grond-Indaba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.