Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hier is ANC se sleutel-beloftes
Moses Mabhida
'n Banier met president Cyril Ramaphosa se gesig hang van die koepel oor die Moses Mabhida-stadion in Durban waar die ANC Saterdag sy verkiesingsmanifes bekend gestel het. Foto: Felix Dlangamandla

Die ANC se verkiesingsmanifes van 66 bladsye met die titel “Laat ons Suid-Afrika saam laat groei”, is Saterdag deur pres. Cyril Ramaphosa in die Moses Mabhida-stadion in Durban, KwaZulu-Natal, bekend gestel.

Hier is van die sleutel-beloftes in die manifes wat die party vir die 2019 verkiesing maak:

Ekonomie

• Werksgeleenthede;

• Belegging in die ekonomie vir inklusiewe groei;

• ’n Nywerheidsplan ter ondersteuning van plaaslike nywerhede;

• Innovering, digitale en data-revolusie;

• Breër ekonomiese eienaarskap;

• Volhoubare en radikale grondhervorming;

• Die pak van monopolieë en die struktuur van die ekonomie;

• Kleinsake, koöperasies en township- en plattelandse ekonomieë;

• Transformeer en diversifiseer die finansiële sektor; en

• Makro-ekonomiese raamwerk vir sosio-maatskaplike transformasie.

’n See van mense in geel ANC-hemde op die paviljoen van die Moses Mabhida-stadion in Durban waar die ANC Saterdag sy verkiesingsmanifes vir 2019 bekend gestel het. Foto: Felix Dlangamandla

Maatskaplike hervorming

• Voorrang aan onderrig en vaardigheidsontwikkeling;

• Gesondheidsdekking van gehalte vir almal deur die nasionale gesondheidsplan;

• Verseker volhoubare nedersettings wat die apartheidslandskap omvorm tot ’n meer inklusiewe gemeenskap; en

• Onderhou en brei maatskaplike toelaes uit om die kwesbares te beskerm en armoede te verminder.

Pres. Cyril Ramaphosa praat Saterdag tydens die bekendstelling van die ANC se verkiesingsmanifes in die Moses Mabhida-stadion in Durban, KwaZulu-Natal. Foto: Felix Dlangamandla

Bou veiliger gemeenskappe

Gender-geweld

• Strenger borgtogvoorwaardes en vonnisse in die stryd teen geweld teen vroue en kinders, veral in gevalle van gesinsgeweld en seksuele oortredings; en

• Verhoog die bekwaamheid van die polisie en rus die polisie en howe toe om slagoffers van gender-geweld en seksuele aanranding te ondersteun.

Misdaadvoorkoming

• Verseker dat wetstoepassers behoorlik opgelei is om sake te ondersoek om die sukseskoers te verhoog; en

• Meer polisiebeamptes om sigbaarheid in gemeenskappe te verhoog. 

ANC-ondersteuners
ANC-ondersteuners sing en dans dat die biesies bewe tydens Saterdag se ANC-vieringe in die Moses Mabhida-stadion in Durban, KwaZulu-Natal. Die party het by die geleentheid sy verkiesingsmanifes bekendgestel. Foto: Felix Dlangamandla

Beveg korrupsie

• Versterk die strafregstelsel om gesteelde staatsgeld terug te kry - ook die geld wat in buitelandse belastingtoevlugsoorde beland het;

• Verseker die versnelde inwerkingstelling van leefstyl-oudits met noukeuriger keuring en die nagaan van geldsake om korrupsie hok te slaan; en

• Strenger toepassing van wetgewing wat staatsamptenare verhoed om sake met die staat te doen 

Meer oor:  Durban  |  Anc-Manifes  |  Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.