Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hieroor redeneer Steenhuisen, Mbali in geslote debat
John Steenhuisen Foto: Lindile Mbontsi
Mbali Ntuli Foto: Felix Dlangamandla

Vyf dae voordat die DA ’n nuwe leier verkies, het ondersteuners van John Steenhuisen, tussentydse leier van die party, en Mbali Ntuli, sy teenstander, aanspraak op ’n oorwinning gemaak in die party se eerste interne debat Maandag.

Die debat is virtueel aangebied en was gesluit vir die media, as deel van die DA se streng debatreëls.

Bronne het aan News24 gesê Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid in Kaapstad, het as voorsitter gedien.

Albei kandidate is vyf minute gegee vir inleidende opmerkings en elk is tien vrae gevra, waarvoor hulle twee minute op ’n slag kon praat.

“Afgevaardigdes het ook vrae gestuur, waarvan een oor die DA se standpunt oor die Senekal-kwessie gehandel het en ’n ander oor die persepsie dat die DA as ’n party op minderhede fokus. Ander temas was die ekonomie, ras en interne dinamika van die DA,” het iemand met binnekennis gesê.

Steenhuisen en Ntuli se veldtogte wou by navraag nie kommentaar lewer nie. Ondersteuners aan albei kante het egter aanspraak op ’n oorwinning gemaak.

Die geslote debat kom nadat die DA ’n streng benadering teen verdeling in die party aangeneem het.

Reëls vir interne veldtogte verbied onder meer leierskandidate om bestaande partyskenkers te nader.

Die vier kandidate wat meeding om drie poste vir adjunk-federale voorsitter sal Dinsdag aan ’n interne debat deelneem.

Anton Bredell, Annelie Lotriet, Refiloe Nt’sekhe en Jacques Smalle wedywer om dié drie poste.

Ntuli en Steenhuisen gaan Woensdag mekaar die stryd aansê in die finale debat voor die kongres die naweek.


Meer oor:  Da  |  John Steenhuisen  |  Mbali Ntuli
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.