Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Oor dié 5 dinge uit staatsrede moet Mboweni sê
Pres. Cyril RamaphosaFoto: Daily Sun

Pres. Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede verskeie aankondigings gemaak waaroor Tito Mboweni, minister van finansies, in sy begrotingsrede sal moet uitbrei.

Hier is vyf kwessies waarop Mboweni Woensdag sal moet uitbrei:

1. Hoe verminder ons staatsbesteding?

Ramaphosa het gesê Mboweni sal ’n reeks maatreëls aankondig om staatsbesteding te verminder en om die samestelling van die opgeblase staatsdiens te verbeter.

“Ons is in gesprek met georganiseerde arbeid en ander belanghebbendes oor maatreëls om die staat se salarisrekening in toom te hou en om vermorsing te verminder,” het Ramaphosa gesê.

2. Verbetering van die staat se finansies

Volgens Ramaphosa is die verbetering van die doeltreffendheid van Suid-Afrika se belastingstelsel baie belangrik om openbare finansies te stabiliseer.

Om dit te bereik sal die probleme in die ekonomie wat tot stygende lewenskoste bydra opgelos moet word en ook dié wat dit duur maak om sake hier te doen.

Volgens hom werk die nasionale tesourie en die Suid-Afrikaanse Reserwebank saam aan planne om druk op ondernemings en verbruikers te verlig.

3. Welvaartsfonds en staatsbank

Ramaphosa het aangekondig dat sy administrasie besluit het om ’n welvaartsfonds te stig.

Verder sal ’n staatsbank gestig word as deel van pogings om toegang tot finansiële dienste na alle landsburgers uit te brei. Mboweni sal na verwagting verduidelik hoe dit in werking gestel sal word.

4. Regruk van pendelspoornetwerk

Ramaphosa het gesê dat die regruk van die pendelspoornetwerk, wat daagliks miljoene werkers vervoer, vanjaar ’n prioriteit sal wees.

Daar sal R1,4 miljard in die Sentrale-spoorlyn in Kaapstad, wat Mitchells Plain en Khayelitsha bedien, en die Mabopane-spoorlyn in Pretoria belê word.

5. Suid-Afrikaanse Lugdiens

Ramaphosa het gesê dat die sukkelende SAL se sakeredders binne die volgende weke hul planne bekend sal maak oor hoe om die SAL te laat oorleef.

Alle oë sal ook op Mboweni wees om te kyk of nog belastinggeld in die SAL gepomp gaan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.