Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hlaudi: Ek kon niemand self aanstel nie

Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, sê dit was nie hy wat sy eie salaris met miljoene rand verhoog het of onbehoorlike aanstellings gemaak het nie, want dít is die verantwoordelikheid van die menslikehulpbronne-afdeling.

Motsoeneng het geen bedrae geld genoem of spesifiek oor sy salarispakket by die SAUK gepraat toe adv. Thandi Norman SC, getuienisleier van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, hom met die afsluiting van sy getuienis Donderdag hieroor gevra het nie.

Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK.Foto: Felix Dlangamandla

Motsoeneng het geantwoord hierdie kwaadwillige insameling van inligting maak hom seer, want dit is nie waar dat hy mense op onregmatige wyse aangestel het.

“Menslike hulpbronne hanteer aanstellings. Daar is geen manier dat Hlaudi Motsoeneng een oggend opstaan en iemand aanstel nie, menslike hulpbronne sal nee sê,” het hy geantwoord.

Motsoeneng het behalwe om die verantwoordelikheid na die SAUK se menslikehulpbronne-afdeling te skuif ook gesê hy moes aan die SAUK-direksie verantwoording doen.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het grappenderwys gevra maar is hy (Motsoeneng) dan nie die SAUK-direksie én die hele SAUK nie.

Motsoeneng het voortgegaan met sy antwoord sonder om te besef Zondo maak ’n grap met hom, waarna Zondo uitgelig het hy bedoel dit in ’n ligte trant.

Zondo het aan Motsoeneng gesê daar is getuienis voor die kommissie dat daar mense is wat alles gedoen het wat Motsoeneng ook al gesê het moes gedoen word – hulle was bang vir hom. Hy wil graag alle kante van die storie hoor.

Motsoeneng het Donderdag ook uitgevaar oor hoe die media verslag doen oor sy verskyning voor die Zondo-kommissie. Hy het gesê hy word sleg uitgebeeld. Hy het kinders op skool en selfs die kinders daar praat hieroor. Dit is vir hom ’n ernstige saak.

Motsoeneng het nie uitgebrei hoe sy salaris binne drie jaar gestyg het van R2,8 miljoen na R3,7 miljoen en toe na R4,1 miljoen nie per jaar nie, soos al wyd in die media berig is.

Motsoeneng se getuienis voor die kommissie is vir eers afgesluit.

* Lawrence Kruger, ’n ingenieur met 40 jaar ervaring in telekommunikasie- en uitsaaiwese, se getuienis oor die digitale migrasie-projek van die SAUK is Donderdag aangehoor.

Kruger het getuig ’n soortgelyke digitale migrasie-projek is die afgelope 18 maande in Mosambiek gedoen en dit is byna voltooi. Dít terwyl dieselfde projek in Suid-Afrika al reeds in 2004 ter sprake was, maar steeds nie afgehandel is nie.

Zondo het aan Kruger gevra of daar korrupsie betrokke is, waarop Kruger geantwoord het hy kan nie daardie woord gebruik nie, maar daar is politiek betrokke.

Verdere getuienis oor die SAUK word Vrydag deur die kommissie aangehoor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.