Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hlaudi: 'Ek wil president wees!'
Hlaudi Motsoeneng, voorheen bedryfshoof van die SA
Hlaudi Motsoeneng, voorheen bedryfshoof van die SAUK het Donderdag sy nuwe politieke party, African Content Movement (ACM) by die Garden Court Milpark hotel in Johannesburg bekendgestel. Foto: Murray Louw

Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, het sy eie politieke party, die African Content Movement (ACM), gestig en hy beoog om president van die land te word deur pres. Cyril Ramaphosa aan te vat.

Hy het Donderdag op 'n nuuskonferensie in Johannesburg gesê hy het die mag om mense te kan beïnvloed en dit is wat hy gaan doen met dié nuwe party wat onder meer glo dat Afrika sy eie geldeenheid moet kry.

Met verwysing na die embleem van die party, het hy gesê dit bestaan uit hande sodat die mense kan sien Afrika is in hul hande. "As jy vir ons embleem stem, sal jou toekoms goed lyk. Ons weet wat Suid-Afrikaners wil hê."

Hy het daarop gewys dat hulle nie politici is nie, maar dat hulle daar is om die mense van Suid-Afrika te dien. Daarom doen hy 'n beroep op all Suid-Afrikaners om by die party aan te sluit, en vir die party te stem in die komende verkiesing. Hy het beweer dat lede van die DA en ANC reeds vir hom gevra het of hulle by sy party kan aansluit.

Hy sê terwyl sy party “nie ’n probleem met wit mense het nie” glo hy in die onteiening van grond sonder vergoeding en dat hy grond nie met mag sal afneem nie, maar met “skakeling”.

Motsoeneng het gesê hy het 'n boodskap vir Suid-Afrika en dit is: "Hlaudi het aangekom."

Meer oor:  Hlaudi Motsoeneng  |  Johannesburg  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.