Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hoekom word ministers landwyd in streke ontplooi? – DA

Die DA wil nou ook weet wat presies die rol van die ministers en adjunkministers sal wees wat pres. Cyril Ramaphosa landwyd in munisipale distrikte gaan ontplooi.

Cyril Ramaphosa
Cyril Ramaphosa

Cilliers Brink, DA-LP en ’n partywoordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake, het Dinsdag gesê hulle wil antwoorde by Ramaphosa hê nadat hulle bewus geword het van briewe wat aan premiers en burgemeesters landwyd oor dié ontplooiings gestuur word.

Die briewe handel onder meer oor watter minister of adjunkminister, waarna as “distrikskampioene” verwys word, waar ontplooi sal word.

Brink meen die benaming “distrikskampioene” is soortgelyk as die voorstel vir “distriks- politieke kampioene” wat gebruik word in ’n hoogs geheime regeringsdokument wat die DA Maandag onthul het.

Volgens hom beskryf die dokument, South Africa Economic Recovery Plan for Municipalities In Response to Covid-19 , die koronaviruspandemie as die “ideale geleentheid vir die sentralisering van regeringsmag”.

“Dit dui die regering se distriksontwikkelingsplan aan as die meganisme om dié doelwit te bereik.”

Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake, onder wie se naam dié dokument opgestel is, het Maandag gesê hulle kan nie daaroor kommentaar lewer nie, omdat dit net ’n konsepdokument is.

Brink het Dinsdag in ’n verklaring herhaal dat die DA erg bekommerd is daaroor dat die dokument die ANC se plan is om die magte van verkose plaaslike en provinsiale regerings in te perk.

Volgens hom sal die DA Ramaphosa ook vra of die dokument eg is, en of dit sy regering se denke reflekteer.

Oor die briewe wat aan premiers en burgemeesters gestuur is, het Brink gesê dat dit nie aandui watter magte die ontplooide ministers en adjunkministers in die distrikte sal hê nie.

“Die DA verstaan dat sommige munisipaliteite die uitnodiging om hul distrikskampioene te aanvaar van die hand gewys totdat die president die term uitgeklaar het.”

Dit is waarom ons ministers, adjunkministers en selfs direkteurs-generaal in alle distrikte en metro’s in ons land as distrikskampioene gaan ontplooi.

Ramaphosa het in sy staatsrede in Februarie gesê dat die regering die distriksontwikkelingsmodel wil volg, waar alle regeringsfere en belanghebbendes in elk van die 44 munisipale distrikte en agt metro’s op ’n geïntegreerde wyse sal saamwerk om dienslewering te verbeter, sowel as om ontwikkeling en ekonomiese geleenthede daar te ontsluit.

In ’n gesprek met die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) op 31 Mei het die president verder gesê dat sy regering die pandemie gaan gebruik om die implementering van dié model te bespoedig.

“Die minister van gesondheid (dr. Zweli Mkhize) het gesê die beste wyse om die pandemie te bestry en om te verseker dat ons voorkomende gesondheidsmaatreëls werk, is om al daardie ingrypings op distriksvlak te implementeer.

“Dit is waarom ons ministers, adjunkministers en selfs direkteurs-generaal in alle distrikte en metro’s in ons land as distrikskampioene gaan ontplooi.

“Hulle sal ons in staat stel om ’n beter en groter fokus op al die distrikte en metro’s te hê. Dit sal ons gesondheidsingrypings, veral in brandpuntgebiede, in ’n baie sterker posisie plaas,” het Ramaphosa aan Sanef gesê.

Meer oor:  Da  |  Cyril Ramaphosa  |  Cilliers Brink
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.