Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hof sê ja vir uitstel van tussen-verkiesings

Die kieshof het toestemming gegee dat Woensdag se tussenverkiesings in verskeie provinsies met meer as 90 dae uitgestel word.

Dit kom nadat die Verkiesingskommissie (OVK) Maandag ’n dringende aansoek ingedien het om die tussenverkiesings op 30 Junie uit te stel nadat ’n vlak 4-inperking Sondag vir die land afgekondig is.

Ingevolge die bevel mag die tussenverkiesings vir wyke in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap en KwaZulu-Natal nie met meer as 120 dae uitgestel word nie.

Die OVK mag egter die hof nader vir verdere bystand indien nodig.

Daar is 71 305 kiesers vir die verkiesings in agt wyke geregistreer.

In ’n verklaring Maandag het die OVK gesê dit sou die laaste tussenverkiesings in die aanloop tot vanjaar se munisipale verkiesing in Oktober wees.

Meer as 100 tussenverkiesings is tydens die vorige twee vlae van die Covid-19-pandemie uitgestel en later gehou toe die inperkings verslap is.

Meer oor:  Uitstel  |  Inperking  |  Tussenverkiesings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.