Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hof verbied Tau om Mashaba te belaster

Parks Tau, die voormalige Johannesburgse burgemeester, is verbied om verdere lasterlike uitlatings oor Herman Mashaba, die huidige burgemeester, te maak.

Parks Tau, die voormalige burgemeester van Johannesburg. Foto: Trevor Kunene

Regter Willem van der Linde van die hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag ’n interdik uitgereik en beslis dat die opmerkings wat Tau in Augustus 2016 gemaak het, dat Mashaba sê vroue moet met mans slaap as hulle senior bestuurders wil word, is lasterlik. Hy het ook Tau berispe omdat hy vir Mashaba gesê het hy wens hy was nie swart nie.

Die interdik vorm deel van ’n lastersaak wat deur Mashaba teen Tau gebring het juis oor dié uitlatings.

Die aansoek sal op ’n latere datum in die hof aangehoor word.

Mashaba eis R2 miljoen in skadevergoeding. Hy het beloof om dié geld aan ’n welsynsorganisasie te skenk wat weerlose en mishandelde vroue ondersteun.

Tau is beveel om die koste van die interdikaansoek te betaal en Mashaba sê dié bedrag sal ook aan ’n organisasie geskenk word wat vroue ondersteun.

Mashaba sê hy het die departement van maatskaplike ontwikkeling in Johannesburg genader om die geskikte welsynsorganisasie te vind.

Tau het op 28 Augustus 2016 tydens die begrafnis van Nonhlanhla Mthembu, ’n ANC-raadslid, gesê: “Die Stad Johannesburg word vandag gelei deur ’n man wat glo die vroue wat senior bestuurders is, prostitusie gepleeg het om te wees in die poste waarin hulle is. Hy sê vir hulle om dié posisies te verdien moes hulle met die leierskap slaap.”

Van der Linde sê die kommentaar is lasterlik en “die vernederende aspek van die stelling is só groot dat dit die grense van ’n wettige en regverdige politieke dwarsklap oorskry”.

Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester. Foto: Cornel van Heerden

Tau het voorts gesê: “Ons het sieninge van die burgemeester Herman Mashaba gehoor wat sê as dit van hom afgehang het, hy nie swart sou wou wees nie.”

Tau sê as Mashaba sy “swartheid” ontken, dan ontken hy ook die gedeelde lyding van die swart gemeenskap. Hy sê Mashaba het sy rug op sy eie mense gedraai en dat hy ’n verraaier is.

Van der Linde sê dié opmerkings is ook nie regverdig nie.

Mashaba sê die uitlatings het gelei tot betogings deur die ANC-vroueliga by sy kantore. Hy sê dit het ook sy “harde werk en reputasie” oneer aangedoen.

“Pleks daarvan om te werk aan die mandaat wat ons veelparty-regering ontvang het vanaf die inwoners van Johannesburg, moes ek aanmekaar dié ongegronde beweringe weerlê.

“Dit is sonder twyfel dat die ANC misluk het om te aanvaar dat die inwoners van Johannesburg hulle nie meer vertrou om die stad te lei nie. Pleks daarvan om met die feite te werk, het hulle aanhoudend karaktermoord gebruik om dié administrasie te diskrediteer.”

Mashaba sê Tau is die geleentheid gegee om die uitlatings terug te trek en om verskoning te vra, maar hy het geweier.

“Dus moes ek my tot die hof wend vir hulp. Ek wil graag my regspan bedank waarvan adv. Dali Mpofu die hoof is, dat hulle gehelp het dat geregtigheid geskied,” sê Mashaba. 

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Parks Tau  |  Laster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.