Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hofmeyr ontken inmenging by terugtrek van Zuma-klagte

Willie Hofmeyr, nasionale adjunkdirekteur van openbare vervolging, het Maandag enige aantyging dat hy polities ingemeng het om aanklagte teen oudpres. Jacob Zuma te laat vaar, ontken.

Willie Hofmeyr Foto: Verskaf

Adv. Norman Arendse het Hofmeyr Maandag in Tshwane onder kruisverhoor by die Mokgoro-kommissie van ondersoek hieroor uitgevra.

“Ek verstaan nie heeltemal wat jy bedoel die politieke inmenging was nie. Dit was ’n besluit deur die topbestuur en ons het nie enige politici se mening gevra nie,” het Hofmeyr gesê.

Afgetrede regter Yvonne Mokgoro staan aan die hoof van die kommissie wat ondersoek instel na die geskiktheid van Nomgcobo Jiba, geskorste nasionale adjunkdirekteur van openbare vervolging, en Lawrence Mrwebi, geskorste spesiale direkteur van openbare vervolging, om hul amp te beklee.

Die nasionale vervolgingsgesag het voor die algemene verkiesing in 2009 onder die destydse waarnemende hoof, Mokotedi Mpshe, se leierskap alle aanklagte van bedrog en korrupsie teen Zuma van die hofrol geskrap.

Hofmeyr het Maandag verduidelik hoewel hy een van vyf mense was wat oor die terugtrekking van die aanklagte moes besluit, dit “regtens mnr. Mpshe se besluit was om die aanklagte te laat vaar”.

Hofmeyr het toegegee dit was die verkeerde besluit.

“Ek aanvaar selfs senior staatsaanklaers kan uiters verkeerde besluite neem, maar ek dink ná die appèlhofbeslissing in dié saak was daar geen meer gronde om in die toekoms dié fout te maak nie,” het Hofmeyr gesê.

Meer oor:  Inmenging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.