Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Holomisa kritiseer komitee wat oor OB besluit

Bantu Holomisa, leier van die UDM, is ontevrede oor die art. 194-komitee wat moet bepaal of adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), geskik is vir haar pos.

Holomisa het Maandag aan Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), geskryf omdat hy met die komitee se samestelling ontevrede is.

Bantu Holomisa, leier van die UDM. Foto: Gallo Images

Dié ad hoc-komitee moet besluit of daar gronde is om Mkhwebane uit haar amp te verwyder. Die 26 komiteelede verteenwoordig elkeen van die 14 politieke partye wat in die NV verteenwoordig word.

Partye het tot 31 Maart die geleentheid gehad om verteenwoordigers vir die komitee te benoem.

“Ek vind dit ondemokraties en ongrondwetlik dat die parlement die reg van kleiner partye om in die bogenoemde art. 194-komitee te stem van hulle wegneem,” sê Holomisa.

“Ek verstaan nie hoe die IVP en die VF Plus, politieke partye met wyduiteenlopende mandate, veronderstel is om namens die 11 kleiner partye te stem nie. Dit ondermyn die rol van kleiner partye in die parlement en skend hul reg om aan die parlementêre besluitnemingsprosesse deel te neem.”

Hy stel voor dat die parlement eerder ’n proporsionele stemstelsel vir alle ad hoc- en art. 194-komitees gebruik.

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer. Foto: Argief

“In so ’n stelsel sal elke politieke party in ’n art. 194-komitee ’n proporsionele stem hê soos bepaal deur die persentasie van die kiesers wat hulle verteenwoordig. “Hierdie stelsel sal verseker dat partye nie ’n buitensporige invloed op die resultate sal hê nie,” sê Holomisa.

Die speaker moet binne sewe dae op Holomisa se voorstel reageer.

Netwerk24 het vroeër berig dat die NV op 16 Maart ten gunste van ’n komitee gestem het nadat ’n verslag oor die OB deur ’n onafhanklike paneel aanvaar is. In die verslag is voorgestel dat ’n komitee saamgestel word wat kan besluit of die OB uit haar amp verwyder moet word. Die komitee sal sy ondersoek afhandel en aan die NV verslag doen. Die komitee se verslag moet bevindinge, voorstelle en redes vir sy bevindings uiteensit.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.