Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hoogste Franse eerbewys aan Madonsela gegee
Prof. Thuli Madonsela en Aurélien Lechevallier, die Franse ambassadeur in Suid-Afrika, Maandagaand in Stellenbosch toe sy die hoogste eerbewys in Frankryk ontvang het. Foto: Verskaf

Sy het nie alleen haar prestasie bereik nie, maar dit het ’n gemeenskap geverg, het prof. Thuli Madonsela, Suid-Afrika se voormalige openbare beskermer (OB), Maandag gesê nadat sy Frankryk se hoogste eerbewys ontvang het.

Die Chevalier de la Légion d’Honneur (ridder van die legioen van eer) is in Stellenbosch namens pres. Emmanuel Macron van Frankryk aan haar oorhandig.

“Met toekennings soos dié dink mense dikwels dit is ’n enkele individu se prestasie, maar almal weet dit verg regtig ’n gemeenskap om al die dinge te bereik wat ander dalk as merkwaardig beskou,” het sy gesê.

Sy is deesdae aan die regsfakulteit van die Universiteit Stellenbosch betrokke.

Aurélien Lechevallier, die Franse ambassadeur in Suid-Afrika, het in sy toespraak gesê ’n passievolle kampvegter en verdediger van die oppergesag van die reg en die stryd teen korrupsie in Suid-Afrika word vereer.

“Sy werk onvermoeid om die regstelsel te versterk en sosiale geregtigheid en demokrasie in Suid-Afrika te bevorder.”

Madonsela het gesê haar werk het nog altyd oor die strewe vir geregtigheid gegaan, en toekennings soos hierdie is nie waarvoor gewerk word nie, maar dit plaas wel die werk wat gedoen word in die kollig.

Lechevallier het gesê Madonsela het in haar sewe jaar as OB ’n “spesiale lig” op die posisie, wat nie baie bekend aan die algemene publiek was nie, geskyn.

Hy het gesê sy het dit een van die hoofinstellings in die verdediging van die oppergesag van die reg en burgerregte in Suid-Afrika gemaak.

Sy is nie net vir haar werk as OB vereer nie en Lechevallier het gesê haar stryd om sosiale geregtigheid het nie ná haar tyd as OB opgehou nie.

Volgens Lechevallier veg sy vanaf die eerste dae van die demokrasie in Suid-Afrika hiervoor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.