Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hou kinders naby water met valkoë dop

Ouers moet hul kinders tydens die feestyd dophou en nie toelaat dat hulle sonder toesig gaan swem nie, sê Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie.

Luidens ’n verklaring van dié departement vind die meeste verdrinkings by huise plaas en daarom moet ouers baie waaksaam wees.

“Verdrinking is op twee na die grootste oorsaak van sterftes en beserings. Dit gebeur nie net tydens oorstromings en wanneer die see onstuimig is nie, maar in ons swembaddens en in ons huise. Dit kan in die bad, ’n wasbak of ’n emmer ook gebeur.

“Babas kan verdrink in water wat net 2,5 cm diep is.

“Toesig is dus die beste manier om te verhoed dat kinders verdrink of beserings opdoen.

“Daar moet altyd toesig tydens badtyd wees, badwater moet dadelik ná badtyd uitgetap word, toiletdeksels moet toegehou word en kinderslotte moet aangebring word, emmers of houers waarin kinders water kan tap moenie buite gelaat word nie, en waar ’n huis ’n jacuzzi het, moet dit leeg gehou word as dit nie gebruik word nie,” is die departement se raad.

Moenie speelgoed in die water los waar ’n kind dit sal wil uithaal nie.

“Selfs kinders wat goeie swemmers is, moet onder toesig swem. ’n Kind wat nie kan swem nie, moet altyd ’n reddingsbaadjie dra.

“Moenie speelgoed in die water los waar ’n kind dit sal wil uithaal nie.

“As jy nie weet waar jou kind is nie, moet jy onmiddellik in die swembad gaan kyk.

“Mense wat saam met hul kinders in die see swem, moet eers die branders dophou en nie gaan swem as daar groot branders is nie.”

Maatreëls om in die see veilig te bly:

* Vind by die menseredders uit of die toestande gunstig is vir swem;* Swem slegs waar menseredders toesig hou; en

* Wees op die uitkyk vir waarskuwingstekens en vlae en gehoorsaam dit.

Rooi vlae beteken gevaar. Rooi en geel vlae beteken die

menseredders is aan diens en swemmers moet tussen die vlae bly.

Meer oor:  Lindiwe Sisulu  |  Swem  |  Water  |  Verdrink
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.