Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hou tog PE se ou naam, vra Baaise burgemeester

Nqaba Bhanga, burgemeester van Nelson Mandelabaai, het aan die minister van kuns en kultuur geskryf om te vra dat hy Port Elizabeth se naamverandering herroep omdat die nuwe naam “geen betekenis het nie”.

Dit is Sondag deur Morné Steyn, Bhanga se woordvoerder, bevestig.

Die nuwe naam van onder meer Port Elizabeth (nou Gqeberha) is verlede week deur minister Nathi Mthethwa in die Staatskoerant afgekondig.

Nqaba Bhanga, burgemeester van Nelson Mandelabaai. Foto: Argief

Volgens Steyn is die burgemeester teen die hernoeming van Port Elizabeth gekant.

“Daar is geen formele proses of magtiging van die stad om dit self terug te verander nie, maar die burgemeester het aan die minister geskryf om sy ontevredenheid te kenne te gee – nie net met die proses nie, maar ook met die resultaat. Die burgemeester voel die nuwe naam is nie inklusief nie en het eintlik geen Xhosa-betekenis nie. As sodanig moet dit heroorweeg word.”

Meer as 48 000 mense het ’n aanlyn versoekskrif onderteken waarin pres. Cyril Ramaphosa gevra word om die naamsverandering te herroep.

Die EFF het die stap verlede week verwelkom en dit as deel van dekolonisering beskryf en die groter stryd om Suid-Afrika in ’n demografies verteenwoordigende en demokratiese land te omskep.

Die DA het egter belowe om deursigtigheid te vra om vas te stel of opponerende voorleggings in aanmerking geneem is voordat daar op die name besluit is.

Intussen het die ANC in die Nelson Mandelabaai-streek ook sy kommer oor die naamveranderingsproses uitgespreek.

“Die ANC sal ’n konstruktiewe benadering vind om met die owerhede in gesprek te tree oor die hernoeming wat die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit beïnvloed. Die doelstellings van eenheid en maatskaplike kohesie moet te alle tye in gedagte gehou word in die hernoeming.”

Daar is geen formele proses of magtiging van die stad om dit self terug te verander nie, maar die burgemeester het aan die minister geskryf om sy ontevredenheid te kenne te gee – nie net met die proses nie, maar ook met die resultaat.

Volgens Luyolo Nqakula, ANC-streekkoördineerder, neem die party kennis van die kommer oor die prosesse.

“Ons is van mening dat meer moontlikhede om gemeenskappe by die hernoemingsproses te betrek ondersoek moet word.”

Meer oor:  Nqaba Bhanga  |  Port Elizabeth  |  Gqeberha  |  Naamsverandering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.