Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Huawei: DA wil by Tshwane-burgemeester oor tender weet

DA-amptenare het Sondag dokumente probeer opspoor wat verband hou met die uitnodiging vir ’n tender wat deur die Tshwane-metroraad uitgereik is om glo tot voordeel van die Chinese tegnologiemaatskappy Huawei te wees.

Stevens Mokgalapa. Foto: Daily Sun

The Sunday Times het Sondag berig dat die DA ’n verduideliking van Stevens Mokgalapa, burgemeester, wil hê oor waarom dié uitnodiging vir die “slimstad”-tender van R1 miljard uitgereik is terwyl hy en vier amptenare China op die onkoste van Huawei besoek het.

Die tender is luidens die berig in Suid-Afrika voorberei terwyl Mokgalapa en die amptenare in China was, en sal volgens kenners glo Huawei se produkte

pas. Ofskoon daar geen aanduiding is dat Mokgalapa persoonlik voordeel getrek het nie, het dié reis na China die DA glo in die verleentheid gestel.

Mokgalapa het Sondag in ’n verklaring gesê daar word “ongegronde” bewerings in die berig gemaak.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het Sondag by navraag gesê die party gaan vir verdere besonderhede vra.

“Dit is nie dat die DA elke tender wat toegeken word, bevraagteken nie, maar ons moet natuurlik onsself tevrede stel dat alles bo verdenking is.

“Ons moet die dokumente kry. Tans het ek net die woord van die koerant en dié van Mokgalapa. Totdat ons na die tenderdokumente gekyk het en hoe dit toegeken is, sal dit voortydig wees om kommentaar te lewer.”

Hy sê die party se nakomingseenheid is gevra om die oorspronklike tenderspesifikasies op te spoor, vas te stel of die tender toegeken is en aan wie, en of daar ’n verband in die kontrak tussen Huawei en Mokgalapa is. “Hulle is tans besig om die tenderdokumente op te spoor,” sê hy.

Mmusi Maimane, DA-leier, was volgens Selfe nie ingevolge die party se beleid oor amptelike oorsese reise oor Mokgalapa se besoek aan China ingelig nie.

Mmusi Maimane, DA-leier, was volgens Selfe nie ingevolge die party se beleid oor amptelike oorsese reise oor Mokgalapa se besoek aan China ingelig nie.

John Moody, DA-leier in Gauteng, is glo ingelig, maar toestemming is nie daarvoor versoek nie. Die DA het ’n aanlyn stelsel ingevolge waarvan DA-LP’s, LUR’e en raadslede (insluitende burgemeesters) amptelike oorsese reise moet verklaar, waar dit afgeteken moet word. In die geval van uitvoerende burgemeesters moet die nasionale en provinsiale leier dit goedkeur.

Mokgalapa se kantoor het Sondag in ’n verklaring aangevoer dat die berig ’n aantal “onverantwoordelike insinuasies” maak oor sy reis na China. Hy het gesê hy reageer om “water te gooi oor watter skinderstorie die The Sunday Times” wil bevorder oor die “slimstad”-tender.

Hy het daarop gewys dat die Tshwane-metroraad ’n beleërde munisipaliteit met “massiewe uitdagings” is wat dringend aandag vereis.

“Dit is geen geheim nie dat ek ’n skandaal-geteisterde administrasie weens tender-onreëlmatighede en administratiewe dilemmas geërf het.”

Om egter ’n narratief oor hom te bou “waar ek op heterdaad betrap is, is onfatsoenlik en ’n doelbewuste poging om die publiek te mislei”.

Mokgalapa erken dat die reis van 27 Julie tot 3 Augustus plaasgevind het en deur Huawei betaal is.

Die verklaring lui egter verder dat die tender R26 miljoen beloop en nie R350 miljoen oor drie jaar, soos berig nie. “Dit is vals dat Huawei die enigste verskaffer met die kapasiteit is om dié kundigheid te bied. Die beweerde R1 miljard bestaan nie.”

Huawei het aan The Sunday Times gesê hy doen geen sake met die Tshwane-metroraad nie.

Meer oor:  Stevens Mokgalapa  |  China  |  Da  |  Tender  |  Tshwane-Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.