Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Húlle gaan besluit of OB gepos moet word

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het Woensdagaand die name van die lede van die komitee bekend gemaak wat sal moet besluit oor die lot van die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane.

Die ad hoc-komitee moet besluit of daar gronde is om Mkhwebane uit haar amp te verwyder.

Die 26 lede van die komitee verteenwoordig elk van die 14 politieke partye wat in die NV verteenwoordig word.

Partye het tot 31 Maart geleentheid gehad om verteenwoordigers vir die komitee te nomineer.

Julius Malema sal die EFF as stemgeregtigde lid op die komitee verteenwoordig.

Die ANC sal verteenwoordig word deur Doris Dlakude, Qubudile Dyantyi, Tina Joemat-Pettersson, Mondli Gungubele, Judy Hermans en Bekizwe Nkosi.

Die DA se stemgeregtigde lede is dr. Annelie Lotriet en dr. Leon Schreiber, met Zandile Majozi (Inkatha) en dr. Corné Mulder (VF Plus) wat ook stemgeregtigdes op die komitee is.

Die NV het op 16 Maart gestem ten gunste van die komitee nadat die verslag deur ’n onafhanklike paneel aanvaar is. In die verslag is voorgestel dat ’n komitee saamgestel word wat kan besluit of die OB uit haar amp verwyder moet word.

Die komitee sal sy ondersoek afhandel en aan die NV verslag doen.

Die komitee se verslag moet bevindinge, voorstelle en redes vir sy bevinding voorlê. Dit sal dan ook gedebatteer word.

’n Komiteevoorsitter sal op die eerste vergadering verkies word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.