Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hulp: Partye vaar uit oor minister se ommeswaai oor ras

Khumbudzo Ntshavheni, minister van kleinsakeontwikkeling, het in ’n ommeswaai Dinsdag gesê dat ras wel as maatstaf gebruik sal word met die regering se hulpfonds aan klein, middelslag en mikro-ondernemings (KMMO’s).

Khumbudzo Ntshavheni, South Africas small business
Khumbudzo Ntshavheni, mininster van kleinsake-ontwikkeling. Foto: Waldo Swiegers, Bloomberg

Die VF Plus en die DA het in onderskeie verklarings teen Ntshavheni uitgevaar omdat ras selfs in ’n krisistyd vir hulpverlening in ag geneem word. Boonop stem haar oggend- en aandpraatjies nie ooreen nie.

Ntshavheni het voor die staat van inperking aan Netwerk24 gesê sy is teleurgestel in AfriForum wat ’n “valse” dokument help versprei het waarvolgens haar departement ras as kriteria vir hulpverlening sou oorweeg.

Sy het die dokument as “fopnuus” teenoor die media afgemaak en gesê die fonds sal nie begunstigdes se ras in aanmerking neem nie.

Dinsdag het Ntshavheni egter op ’n vergadering van die parlement se twee komitees vir kleinsakeontwikkeling toegegee dat aansoeke ingevolge wetgewing oor breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtig (BGSEB) beoordeel sal word.

“Swart ekonomiese bemagtig is ’n fundamentele vereiste om die ekonomie van die land te transformeer. Ons kan nie kies waar en wanneer ons dit gebruik nie. Ons as Suid-Afrikaners moet almal ’n aandeel in die ekonomie hê,” sê Ntshavheni.

Volgens haar word aansoeke nie net op grond van nood beoordeel nie, maar ook op grond van ras, geslag, geografie, ouderdom en gestremdheid.

Die DA sê in ’n verklaring wat Woensdag uitgereik is Ntshavheni het die publiek ’n rat voor die oë probeer draai. Die party sê John Steenhuisen, tussentydse leier, oorweeg nog watter optrede die DA oor die situasie gaan doen.

Bankrotskap en ondergang staar baie van hierdie (kleiner) ondernemings in die gesig en indien hulle post-Covid-19 van die toneel verdwyn, sal dit ’n gevoelige slag vir die kans op spoedige ekonomiese herstel wees.

“Die openbare uitlatings deur die minister wys dat die ANC se departement van rookskerms in volle werking is en dat ondernemings wat deur die Covid-19-inperkings geraak word, nie op die regering kan staatmaak vir regverdige en gelyke behandeling nie,” lui die verklaring.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het Dinsdag in ’n verklaring geëis dat wetgewing oor swart ekonomiese bemagtiging tydelik tydens die Covid-19-pandemie opgehef word sodat alle ondernemings hulp kan ontvang, ongeag die ras van die eienaars.

“Bankrotskap en ondergang staar baie van hierdie (kleiner) ondernemings in die gesig en indien hulle post-Covid-19 van die toneel verdwyn, sal dit ’n gevoelige slag vir die kans op spoedige ekonomiese herstel wees,” sê Groenewald.

* AfriForum en Solidariteit het Dinsdag die departement van toerisme oor sy toerisme-hulpfonds in die hooggeregshof in Pretoria gepak omdat wetgewing oor ras ook met dié hulpfonds in ag geneem word.

Albei organisasies het deur hul regsverteenwoordigers in die hof aangevoer dis onregverdig dat die regering wetgewing oor swart ekonomiese bemagtiging op ’n hulpfonds van toepassing maak.

Die vakbond Solidariteit het Woensdag tot die stryd toegetree deur Ntshavehni van meineed te beskuldig. Solidariteit het in ’n verklaring bevestig hy sal voortgaan met dringende siviele regsaksie teen die departement om “die diskriminerende rassekriterium vir noodfondse onwettig te verklaar”, sou die betrokke vereiste nie teen 1 Mei geskrap word nie. “Ons kan dit nie daar laat nie. Die pandemie diskrimineer nie. Die gevolge van pandemie diskrimineer ook nie en ons verwag van die staat om ook nie te diskrimineer as dit kom by die toekenning van hulp nie,” sê dr. Dirk Herman, bestuurshoof van Solidariteit.

Regter Jody Kollapen sal na verwagting later vandeesweek uitspraak lewer.

Adv. Mark Oppenheimer, ’n grondwetkenner, sê die uitspraak kan ook rigtinggewend wees oor of die hulpfonds vir KMMO’s wetgewing oor swart ekonomiese bemagtiging mag toepas.

Meer oor:  Khumbudzo Ntshavheni  |  Ras  |  Koronavirus  |  Hulp  |  Covid-19-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.