Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hulppakket ‘kan teelaarde vir korrupsie skep’

Die massiewe hulppakket van R500 miljard wat pres. Cyril Ramaphosa vandeesweek aangekondig het is alles goed en wel en wonderlik, maar dit kan ook die teelaarde vir korrupsie skep.

Die organisasie Corruption Watch waarsku daar moet soos met die aankondiging van statistieke oor die dodelike Covid-19-virus ook meer deursigtigheid wees oor die verspreiding van hulp en kos aan die behoeftiges.

Die organisasie sê daar is reeds al hoe meer tekens van korrupsie en wanbestuur hiermee.

“Corruption Watch doen ’n beroep op die regering om maatreëls in te stel om die kanse vir korrupsie te verminder. Hy moet ook streng optree teen korrupsie omdat dit die kwesbaarste mense in die gemeenskap skade berokken,” sê die organisasie in ’n verklaring.

’n Militêre polisieman kyk na wat ’n man in sy inkopiesak het tydens ’n klopjag in die Diepsloot-informele nedersetting in Gauteng.Foto: Felix Dlangamandla

David Lewis, die organisasie se uitvoerende hoof, sê die lof wat die regering ontvang vir sy hantering van die pandemie is welverdiend omdat hy dit op ’n dringende, eerlike en wetenskaplike manier pak.

David Lewis, uitvoerende hoof van Corruption Watch.Foto: Argief

“Maar daar moet ook erken word dat die uitgebreide magte wat aan die wetstoepassingsorganisasies, aankoopbestuurders en verkose verteenwoordigers gegee is, kan lei tot misbruik. En dit gebeur reeds,” waarsku Lewis.

“Corruption Watch word al hoe meer bewus van die verontrustende verslae oor die skrikwekkende misbruik van mag deur veral die polisie wat ’n skreiende miskenning van mense se regte toon.”

Dít neem baie keer die vorm van erge geweld en dit kan nie ongekontroleer gebeur nie.

Hoewel daar tans onder die huidige omstandighede mense is wat meen dié verhoogde magte is nodig, moet dit met groter deursigtigheid, waaksaamheid en verantwoordbaarheid saamgaan – veral as ’n mens die hoë vlakke van korrupsie in ag neem wat al te lank sinoniem met die land is.

Lewis sê twee van Corruption Watch se lede wat betrokke is by die verspreiding van kos in die Johannesburgse township Alexandra het vandeesweek gesien hoe ’n aanvanklik kalm en ordelike situasie weens politieke magte in die gemeenskap in ’n chaos verander het.

* Corruption Watch het op sy webblad ’n gids waaruit mense kan leer hoe om polisiekorrupsie en die misbruik van mag te identifiseer en aan te meld.

Meer oor:  Corruption Watch  |  Alexandra  |  Korrupsie  |  Hulppakket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.