Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hy het twee Gupta-broers ontmoet, sê Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa het sedert 2012 die omstrede Gupta-broers drie of vier keer ontmoet.

“My interaksie met die Gupta-broers was by geleenthede waar niks met enige gevolge bespreek is nie. Ek het nooit met hulle gesprekke gevoer nie, behalwe om te groet, grappies te maak of om beleefd te wees.”

Só voer Ramaphosa aan in ’n beëdigde verklaring voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, wat die voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo, Vrydag op Ramaphosa se versoek aan die media uitgereik het.

Dit kom nadat Zondo vroeër Ramaphosa en sy kabinet versoek het om beëdigde verklarings in te dien oor of hulle enige verhouding met die Gupta-familie, hul maatskappye óf Bosasa en dié se amptenare gehad het. 

Ramaphosa voer in die verklaring aan hy het die Guptas die eerste keer ontmoet op ’n medsiakonferensie wat ANC-amptenare ná die party se Mangaung-konferensie in Desember 2012 gehou het. 

“Ek is nie in staat om te sê wie van die broers ek daardie tyd ontmoet het nie omdat ek nie hul individuele name geken het nie.”

Hy sê die tweede ontmoeting was by ’n soortgelyke geleentheid ná die nasionale verkiesing in 2014.

Volgens Ramaphosa was die enigste geleentheid waarop wel wesenlike sake bespreek is, ’n vergadering wat deur die Guptas aangevra is in April 2016 met ANC-ampsdraers kort nadat die banke die Guptas se rekeninge gesluit het.

Op daardie vergadering is verskeie kwessies bespreek, insluitende die sluiting van hul Oakbay-onderneming se bankrekeninge.

“Tony Gupta het voorleggings oor hul sakemodel gemaak en besonderhede gegee van hul onderskeie ondernemings, ook in die die myn- en mediasektor.

“Een van die kwessies wat ek op daardie vergadering geopper het, was die landing van (die Guptas se) 747-vliegtuig op die Waterkloof-lugmagbasis in 2013. 

"Ek het aan hulle gesê hul optrede het die president ( toe Jacob Zuma) in ’n onbenydenswaardige posisie geplaas.

"Tony Gupta se reaksie was dat toestemming deur die Indiese hoëkommissaris verkry is vir die vliegtuig om daar te land,” voer Ramaphosa aan.

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor. 

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Tony Gupta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.