Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hy hoop nie Zuma op staatsrede is vals nuus – Carl Niehaus

Hy hoop die nuus dat oudpres. Jacob Zuma Donderdag die parlementsopening en staatsrede van pres. Cyril Ramaphosa sal bywoon, is nie vals nuus nie, sê Carl Niehaus, woordvoerder van die organisasie Gautengse Radikale Transformasievereniging, wat Zuma steun.

Niehaus het op ’n mediakonferensie in Johannesburg gesê hy het geen inligting dat Zuma in die parlement sal wees nie. Zuma ontvang volgens hom mediese behandeling in ’n oorsese land.

“Ons stel nog ondersoek in oor presies wat aan die gang is. Sover ek weet, sal hy nie daar wees nie.

“Ek hoop nie die parlement het toegelaat dat hy misbruik word om vals nuus te versprei nie.”

Niehaus sê hy sal Zuma se regsverteenwoordigers later Woensdag vra om presies vas te stel wat die situasie is en ’n verklaring daaroor uit te reik.

Hy sê ’n groot verwelkoming word op die O.R. Tambo-lughawe beplan vir wanneer Zuma van oorsee af terugkeer.

Hy sê die vervolging van Zuma is niks anders as politiekery nie. Die oppergesag van die reg word bedreig en die regbank word nou vir politieke doeleindes misbruik.

Hy meen Zuma sal nie ’n regverdige verhoor kry nie. Die media het hom reeds skuldig bevind.

Niehaus het verwys na Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, se verklaring Dinsdag dat hy Zuma die laaste ruk gereeld gesien het en “dat hy nie wel is nie”.

Hy wou nie sê wat skort met die oudpresident nie.


Meer oor:  Carl Niehaus  |  Jacob Zuma  |  Staatsrede2020  |  Parlement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.