Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Vriende of nie? Zondo sê vandag oor Zuma se aansoek

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie wat staatskaping ondersoek, sal Donderdag ’n beslissing lewer in oudpres. Jacob Zuma se aansoek dat Zondo hom as voorsittende beampte van die kommissie moet onttrek.

Zuma het Woensdag volgehou dat hy en Zondo wel vriende is en dat dit onwaar is dat Zondo hom nooit in sy huis in Forest Town in Johannesburg gespreek het nie.

Zuma beweer sy vriendskap met Zondo as voorsitter van die kommissie kom op ’n belangebotsing neer.

Zuma het Woensdag in ’n verklaring gesê hy het met Zondo vergader kort nadat die hoofregter hom aangestel het om as voorsittende beampte van die kommissie te dien.

Zuma, Zondo
Pres. Jacob Zuma Dinsdag in gesprek met sy regsverteenwoordiger, adv. Muzi Sikhakhane, tydens die sitting van die Zondo-kommissie in Braamfontein, Johannesburg. Foto: Gallo Images

“Ek het ’n inligtingsvergadering met hom in die amptelike woning in Durban gehou,” sê Zuma.

“Ek het opgemerk die voorsitter betwis dat ons vriende was, hoewel hy aanvaar dat ons verhouding hartlik en aangenaam was. Ek betwis sy aanspraak dat ons nooit vriende was nie,” sê hy.

Zuma sê ook in die verklaring dat hy en Zondo mekaar op sosiale en staatsgeleenthede gesien het en dat hulle selfs in sy private huis in Forest Town, Johannesburg, gepraat het oor die gevaar dat hul vriendskap Zondo se ambisies in die regsberoep in die wiele kan ry.

Zuma stem ook nie saam met Zondo dat hy nie met hom vergader het terwyl hy vir die regering gewerk het nie. “My vergaderings met hom in Forest Town was tydens my ampstermyn as adjunkpresident van die Republiek van Suid-Afrika. Ons het trouens ’n paar keer in my huis in Forest Town vergader,” sê Zuma.

Zuma beskou die kommissie as deel van ’n politieke komplot om hom te “kelder”. Hy is veronderstel om vandeesweek getuienis voor die kommissie te lewer nadat hy gedagvaar is.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Raymond Zondo  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.