Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hy sal bedank as hy van korrupsie aangekla word – Cyril

Pres. Cyril Ramaphosa het onderneem om te bedank indien hy van korrupsie aangekla sou word.

“As ek van korrupsie aangekla word, sal ek (bedank),” het Ramaphosa gesê toe die vraag Vrydagmiddag aan hom gestel is.

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, het Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy by die onreëlmatige toekenning van kontrakte by Eskom betrokke was.

Molefe het Vrydag aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê Ramaphosa het botsende belange gehad toe hy, as adjunkpresident, voorsitter van Eskom se “oorlogskamer” geword het terwyl hy nog ’n aandeelhouer van Glencore was. Glencore is een van Eskom se verskaffers.

Ramaphosa het vroeër in ’n radio-onderhoud ontken dat daar botsende belange was, aangesien hy voor sy aanstelling uit sy poste in die sakewêreld bedank het. Hy het aangedui dat hy voor die Zondo-kommissie sal getuig om duidelikheid hieroor te verskaf.

Molefe is een van die grootkoppe wie se naam verlede jaar deur die spesiale ondersoekeenheid in ’n Eskom-hofsaak van R3,8 miljard genoem is.

Ramaphosa moet ook vrae voor die ANC se integriteitskommissie beantwoord oor die finansiering van sy veldtog in 2017 om president te word.

Hy was tot dusver duidelik oor die ANC se posisie dat diegene moet bedank wat deur strafregtelike klagte soos korrupsie in die gesig gestaar word.

Die ANC se integriteitskommissie het Ace Magashule, sekretaris-generaal, reeds beveel om opsy te staan weens beweerde korrupsie wat met die asbesdak-projek in die Vrystaat verband hou.

Magashule het egter tot dusver geweier en hou vol dat hy onskuldig is.

Meer oor:  Korrupsie  |  Cyril Ramaphosa  |  Brian Molefe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.