Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hy sal dit aanvaar as hy verwyder word – Ramaphosa

As ’n besluit geneem word om hom as adjunkpresident van die land te verwyder, sal hy dit aanvaar, het adj.pres. Cyril Ramaphosa gesê.

Hy het Donderdagmiddag in vraetyd in die Nasionale Vergadering so gereageer op ’n vraag deur Floyd Shivambu, onderleier van die EFF. Hy wou weet of hy kan reageer op nuusberigte dat hy moontlik die volgende een is om deur pres. Jacob Zuma uit sy kabinet verwyder te word.

“Toe ek as adjunkpresident aangestel is, het ek dit aanvaar omdat dit die president se prerogatief was om my aan te stel. As daar ’n besluit is om my te verwyder sal ek dit aanvaar en ek sal voortgaan om die mense op een of ander manier te dien,” het hy gesê.

Op die vraag deur Natasha Mazzone, DA-LP, oor of dit nie tyd is vir Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, om die deur gewys te word nie, het hy gesê ’n besluit hieroor sal ook deur die president geneem moet word.

“Dit is nie vir my om te sê wie aangestel en afgedank moet word nie. Ek wil graag voorstel dat julle die vraag aan die president stel wat verantwoordelik is vir al die aanstellings en afdankings,” het hy geantwoord.

Toe hy wéér oor sy moontlike verwydering gepols is – dié keer deur eerw. Kenneth Meshoe, ACDP-leier, het Ramaphosa herhaal dat hy nie daarop kan reageer nie. “As ek verwyder word, sal dit wees na goeddunke van die president. Dit is die president se besluit en hy oefen sy prerogatief uit. Duidelik het hy sy eie redes waarom hy mense aanstel en afdank waarvan ons nie weet nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.