Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Hy sal nie weer spertyd misloop, sê ANC

Terwyl ’n regstryd woed oor die besluit om politieke partye ’n tweede kans te gee om hul kandidate vir die plaaslike verkiesings te benoem, sê die ANC hy sal nie dié keer die spertyd misloop nie.

Dit kom ná beriggewing van eNCA waarin daar beweer word dat die ANC sy eie spertyd misgeloop het om interne dispute oor die benoemings op te los.

In ’n verklaring wat Dinsdag uitgereik is, sê die ANC die verkeerde indruk word gewek omdat onopgeloste interne dispute hom nie sal keer om die Verkiesingskommissie (OVK) se spertyd te haal nie.

“Die ANC is tevrede dat alle prosesse op koers is en dat verrigtinge volgens skedule verloop,” lui die verklaring.

Die minister moedig alle Suid-Afrikaners wat kwalifiseer aan om as aktiewe burgers deel te neem en om demokrasie te ondersteun deur te registreer om te stem.

Intussen het dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, ’n beroep gedoen op alle stemgeregtigdes om hulle komende Saterdag en Sondag tussen 08:00 en 17:00 by 23 146 stempunte landwyd vir die verkiesings te registreer.

Dit kom nadat die OVK bepaal het dat ’n fisieke registrasienaweek gehou moet word voor die verkiesings op 1 November.

“Die minister moedig alle Suid-Afrikaners wat kwalifiseer, veral die jeug en mense wat die eerste keer sal stem, aan om as aktiewe burgers deel te neem en om demokrasie te ondersteun deur te registreer om te stem.”

Intussen het die OVK Maandag aan News24 bevestig dat hy opponerende hofstukke ingedien het in reaksie op die aansoek van die DA waarin hy vra dat die konstitusionele hof die OVK se besluit onwettig verklaar om die registrasieproses vir kandidate te heropen.

Die kruks van die OVK se saak sal glo gaan oor die DA se vertolking van ’n vorige bevel van die konstitusionele hof waarin hy gelas het dat die tydrooster van die verkiesing gewysig moet word waar redelikerwys nodig.

Die DA voer aan die OVK het die betrokke bevel verkeerd vertolk om die besluit te regverdig om die kandidaatregistrasieproses te heropen.

Die ANC, wat ook betrokke is by die hofsaak, is die party wat die meeste sal baat vind by die besluit vir ’n tweede kans om kandidate te benoem nadat hy nie die aanvanklike spertyd kon haal nie.


Meer oor:  Plaaslike Verkiesings  |  Ovk  |  Kadidaatlys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.