Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Ignoreer ANC-opdrag om Lungisa te pos’ – sakelui

’n Groep sakelui het ’n beroep op Mongameli Bobani, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, gedoen om nie vir Andile Lungisa as lid van die burgemeesterskomitee af te dank nie.

Lungisa het verlede week opdrag van die ANC in die Oos-Kaap gekry om as lid van die burgemeesterskomitee te bedank.

Andile Lungisa.

Hy is in April vanjaar skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy in ’n bakleiery in die raadsaal vir Rayno Kayser, DA-raadslid en lid van die destydse burgemeesterskomitee, met ’n waterbeker oor die kop geslaan het. Hy is tot effektief twee jaar tronkstraf gevonnis. Hy was ’n week lank in die tronk toe hy op borgtog vrygelaat is hangende sy appèl.

Die swart kamer van klein en mediumondernemings het op ’n vergadering met Bobani, ’n lid van die EFF, gesê hy sal ’n groot fout maak as hy die ANC se opdrag oor Lungisa gehoorsaam.

Die groep het verskeie griewe teenoor Bobani geopper en geëis dat 30% van die metro se kontrakte aan hul lede toegeken word.

Baba Ningi, president van die kamer, het gesê Bobani moenie toelaat dat eksterne magte sy aandag van sy taak aflei nie. “As jy jou leiersgroep verander, sal jy by ons lewe inmeng.”

’n Ander sakeman wat nie sy naam wil noem nie, het gesê die lede van Bobani se burgemeesterskomitee is toekomsgerig, jonk en energiek en sal nie die wit elite se handperde wees nie. Bobani moet onthou dit is sy reg om te besluit wie hy in die burgemeesterskomitee aanstel.

Lulama Ngcukayitobi, sekretaris van die ANC in die Oos-Kaap, het gesê dit is die ANC in die provinsie se reg om sy lede in poste te plaas. “Ons het geen gesag oor Bobani nie, maar ons moet almal besef daar is ’n proses en opdragte wat gevolg moet word.”

Lungisa moet binnekort voor die ANC se integriteitskomitee verskyn op ’n klag dat hy die party in oneer gebring het.

Meer oor:  Andile Lungisa  |  Nmb  |  Sakelui
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.