Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
IMF, Wêreldbank moet meer doen om Afrika te help - Cyril

Toegang tot lenings met gunstige voorwaardes sal deurslaggewend vir Afrika se ekonomie wees om van die Covid-19-pandemie te herstel, het pres. Cyril Ramaphosa Saterdag gesê.

Ramaphosa, uitgaande voorsitter van die Afrika-Unie, het tydens die AU se beraad gesê ondanks die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die Wêreldbank se beduidende finansiële hulp om die koronavirus se ekonomiese impak te bekamp, moet daar meer gedoen word.“Toegang tot vergunningsfinansiering sal van deurslaggewende belang vir lande wees om hul ekonomieë te herbou,” het Ramaphosa tydens die virtuele beraad gesê.

“ ’n Inspuiting van nuwe hulpmiddele van die IMF deur die hertoewysing en uitreiking van nuwe spesiale onttrekkingsregte, wat die ontwikkelende wêreld bevoordeel, sal die skreiende ongelykhede in die stimulusmaatreëls tussen ontwikkelende ekonomieë en die res van die wêreld regstel.

Vergunningslenings se voorwaardes is gewoonlik meer gunstig as lenings wat op die ope mark te kry is. Die verskriklike skuldlas van vele Afrikalande het vererger weens die impak van die pandemie op hul ekonomieë.

Meer as 3,6 miljoen koronavirusinfeksies en 94 000 sterftes is reeds op die vasteland met sy bevolking van 1,3 miljard aangeteken, volgens data wat deur Reuters ingesamel word. Suid-Afrika het die meeste koronavirusinfeksies op die vasteland.Nog net enkele Afrikalande kon met inentings teen die koronavirus begin. Die AU hoop om oor drie jaar sowat 60% van die vasteland se bevolking teen die virus in te ent.

Ramaphosa het Maandag gesê die AU kon tot dusver 1 miljard entstofdosisse bekom, waarvan 700 miljoen deur die Covax-entstofprogram bekom sal word en ’n verdere 300 miljoen deur die Afrika-entstofverkrygingstaakspan. –Reuters

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Pandemie  |  Wêreldbank  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Afrika-Unie  |  Imf  |  Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.