Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Immigrasiewette en -regulasies moet verskerp word’

Dit is uiters belangrik dat elke immigrant in Suid-Afrika ten volle gedokumenteerd is.

Daarom het die parlement Dinsdag ’n beroep op die departement van binnelandse sake gedoen om immigrasiewette en -regulasies voortaan ten volle af te dwing.

Adv. Bongani Bongo. Foto: Tebogo Letsie

Adv. Bongani Bongo, voorsitter van die portefeuljekomitee oor binnelandse sake, het dié beroep namens die komitee gedoen na aanleiding van die aanvalle Donderdag op wetstoepassers en polisiebeamptes in die Johannesburgse middestad.

Wetstoepassers is die oggend na die stadskern as deel van ’n operasie teen vervalste goedere waarna algehele wetteloosheid geheers het toe meestal buitelanders polisiebeamptes aangeval en strate so versper het dat die verkeer herlei moes word.

Die oproerigheid het so handuit geruk dat wetstoepassers hulle om veiligheidsredes moes onttrek toe petrolbomme, bottels en klippe onophoudelik na hulle geslinger is.

Bongo het Dinsdag in ’n verklaring gesê dat die polisie ’n belangrike rol speel om almal in die land se veiligheid te verseker, en nie aan sulke aanvalle onderwerp moet word nie.

Hy het bygevoeg dat die komitee beplan om met die portefeuljekomitee oor kleinsakeontwikkeling in gesprek te tree om te verseker dat regulasies rondom kleinhandel verskerp word.

Oor die dokumentering van immigrante het Bongo gesê dat die inligting wat hierdeur ingesamel word, noodsaaklik is vir ander staatsinstellings en nieregeringsorganisasies om hul werk doeltreffend te kan doen.

“Die portefeuljekomitee het homself daartoe verbind om sy oorsig van verskeie aspekte van die departement se werk, veral rondom immigrasie, te verskerp.

“Die nasionale ontwikkelingsplan is duidelik oor die voordele van regs- en ontwikkelingsmigrasie en die bedoeling is om die departement se werk in hierdie opsig te steun.”

Hy het bygevoeg dat die departement sy prosedures vir die prosessering van immigrante se aansoeke moet verbeter.

“Dit is onuithoudbaar dat ’n land ’n groot aantal onwettige immigrante het en niks daaromtrent gedoen word nie.

Dit is onuithoudbaar dat ’n land ’n groot aantal onwettige immigrante het en niks daaromtrent gedoen word nie.

“Die komitee glo eerstens dat die afhandeling van die wetgewende proses oor die grensbeheerowerheid nodig is om Suid-Afrika se grense te beveilig. ’n Naatlose proses as mense die land in- en uitgaan, is een pilaar in die bekamping van onwettige immigrasie.

“Tweedens moet personeel by die immigrasiedienste-inspektoraat ’n prioriteit wees omdat dit onderbeman is.

“As ’n mens wette en regulasies wil afdwing, moet dit voorafgegaan word deur stelsels wat behoorlik werk en nie geneig tot vertragings is nie.

“Derdens moet die stryd teen vervalsing en korrupsie verskerp word deur van korrupte mense in binnelandse sake ontslae te raak. Om omkoopgeld te aanvaar om die stelsel te omseil sal nie geduld word nie,” het Bongo gewaarsku.

Volgens hom sal die komitee van 26 tot 30 Augustus oorsigbesoeke aan Gauteng bring om met die departement en alle belanghebbendes te skakel om probleme rondom die dokumentering van buitelandse immigrante te help oplos.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.