Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zondo: 'Niemand sal ons werk ontwrig'

’n Skoot is verlede week deur ’n venster van die kantore van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping in Parktown, Johannesburg, geskiet, en in ’n tweede voorval was daar ’n inbraak by die kantore waarin ’n rekenaar gesteel is.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het Maandagoggend voordat die dag se sitting begin het, gesê albei gevalle word deur die wetstoepassingsowerhede ondersoek.

adjunkhoofregter Raymond Zondo
Adjunkhoofregter Raymond Zondo, Maandagoggend met die sitting van die kommissie. Foto: Skermgreep

Hy sê niemand sal die belangrike werk van die kommissie ontwrig nie.

Die kommissie se regspan en ondersoekers werk deurlopend: “Saterdae, Sondae, Maandae en saans” om seker te maak die kommissie voltooi sy werk.

Almal betrokke is toegewyd daaraan dat die werk afgehandel word. “Ons hoop die wetstoepassingsowerhede doen hul werk. Die nasie moenie afgeskrik word nie,” sê hy oor die twee voorvalle.

Oor die skoot wat geskiet is, het Zondo gesê hy het ’n verslag hieroor gekry. ’n Skoot is deur ’n venster van een van die kommissie se kantore geskiet en daar is ’n koeël in die kantoor gevind.

Oor die inbraak die naweek sê Zondo daar word ondersoek ingestel of dit net ’n gewone inbraak was en of daar meer daaragter skuil.

Meer oor:  Johannesburg  |  Staatskaping  |  Politiek  |  Inbraak  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.