Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Inhuldiging: Dié inwoners moet permitte kry

Verskeie strate in die omgewing van Soutpansbergweg, Loftus Versfeld en die Hatfield-omgewing in Pretoria sal op 25 Mei met die inhuldiging van pres. Cyril Ramaphosa gesluit wees.

Die inhuldiging vind op Loftus Versfeld plaas en nie soos gewoonlik by die Uniegebou nie.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, voorsitter van die interministeriële reëlingskomitee wat die inhuldiging van die president reël Donderdagoggend op ’n mediakonferensie in Pretoria. Foto: GCSI

António Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, sal een van die hooggeplaaste gaste wees.

Inwoners van dié omgewings wat geraak word, is gevra om spesiale permitte van die Tshwane-metro te kry.

Sowat 200 busse van oor die hele land, maar veral uit Limpopo, Noordwes, Mpumalanga en die res van Gauteng, sal mense na die inhuldiging bring. Sowat 32 000 mense word verwag.

Loftus Versfeld is die tuiste van die Bulle, maar dié span is dan nog in Australasië waar hulle wedstryde in die Superrugbyreeks speel.

Die Rietondale-omgewing, langs Soutpansbergweg, sal gebruik word om gaste na en van Loftus te vervoer, sê die Tshwane-metro in ’n verklaring.

Die strate in dié omgewings (sien die kaart hierby) sal op Vrydag 24 Mei van 15:00 tot Saterdagaand om 22:00 gesluit wees.

Beamptes van die metro en die polisie sal dit deurentyd beheer.

Die strate wat geraak word:

Soutpansbergweg en Rietondale-omgewing

  • Soutpansberg- en Gordonweg;
  • Soutpansbergweg en Wrenstraat;
  • Woodlands- en Gordonweg;
  • Soutpansbergweg en Tom Jenkins-rylaan;
  • Soutpansbergweg en Van der Merwestraat;
  • Soutpansbergweg en Nuffieldstraat;
  • Soutpansbergweg en Parkerstraat;
  • Soutpansbergweg en die ingang na Rietondelapark waar die parkeer-en-ry-gebied is;
  • Rose- en Parkerstraat;
  • Noord- en Nuffieldstaat;
  • Van der Merwe- en Noordstraat;
  • Lysstraat en 18de Laan;
  • Keiser- en Lysstraat;
  • Russelstraat en Tom Jenkins-rylaan; en
  • Eastwoodstraat en Goewermentslaan.

Loftus Versfeld en Hatfield-omgewing

  • Eastwood- en Francis Baardstraat;
  • Orient- en Francis Baardstraat;
  • Arcadia- en Hillstraat;
  • Park- en Hillstraat;
  • Universiteitsweg en Burnett-straat;
  • Lynnwoodweg en Roperstraat;
  • Lynnwoodweg en Jan Shobastraat;
  • Lynnwood- en Universiteitsweg;
  • Universiteits- en Walton Jameson-weg;
  • Universiteitsweg en Justice Mahomedstraat;
  • Jorissenstraat en Walton Jameson-weg;
  • Bondstraat en Walton Jameson-weg;
  • Villastraat en Walton Jameson-weg;
  • Brecherstraat en Walton Jameson-weg;
  • Ivy- en Maplestraat;
  • Myrtle- en Maplestraat;
  • Park- en Beckettstraat;
  • Arcadia- en Beckettstraat;
  • Farenden- en Francis Baardstraat;
  • Kirkness- en Parkstraat;
  • Kirkness- en Bondstraat;
  • Kirkness-straat en Lynnwoodweg;
  • Bond- en Farendenstraat;
  • Farenden- en Parkstraat; en
  • Ayton- en Farendenstraat.

Inwoners in die omgewings wat geraak word, kan van Vrydag af tot aanstaande Woensdag om permitte aansoek doen. Benewens hul identiteitsdokumente moet hulle bewys kan lewer van hul adres en voertuigregistrasienommers.

Mense in die omgewing van Loftus moet hul permitte by Loftus se ontvangsgebied in Kirknessstraat gaan afhaal. Hulle kan in die parkeerterrein van Loftuspark parkeer.

Inwoners van Rietondale kan hul permitte by die Rietondale-tennisklub in Van der Merwestraat kry.

Die tye om dit te doen, is as volg

Vrydag 17 Mei: 09:00 tot 18:00;

Saterdag 18 Mei: 14:00 tot 18:00;

Sondag 19 Mei: 09:00 tot 17:00;

Maandag 20 Mei: 09:00 tot 18:00;

Dinsdag 21 Mei: 09:00 tot 18:00;

Woensdag 22 Mei: 09:00 tot 18:00.

Meer oor:  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Pretoria  |  Inhuldiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.