Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Inklusiwiteit SA se grootste krisis – Zille

Ekonomiese inklusiwiteit is die grootste krisis in Suid-Afrika, want dit het daarmee te make dat mense ’n behoorlike inkomste kan verdien, kos op die tafel kan sit en vir hul gesinne kan sorg.

Helen Zille, leier van die DA se federale raad. Foto: Lerato Maduna

Daarom beskou die DA sy konsepbeleid oor ekonomiese geregtigheid as die party se “ruggraat-beleid” waaroor sowat 200 afgevaardigdes Sondag op sy “geskiedkundige” aanlyn beleidskonferensie moet stem, sê Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad.

Volgens Zille word die beleidsvoorstelle op die konferensie meer in diepte as ooit tevore bespreek.

“Ons het baie navorsing gedoen en daar is goeie bydraes met betrekking tot geskrewe beleidsdokumente en wysigings wat bespreek en deurgevoer sal word.”

Sy sê daar word op die konferensie oor lewensbestaan en die vordering wat daarmee in Suid-Afrika gemaak is, gepraat en ook oor “wat die alternatief is vir Suid-Afrikaners om te ondersteun”.

Die DA glo dat sy konsepvoorstel Suid-Afrika weer kan laat werk, tot meer werkgeleenthede kan lei en Suid-Afrika voorspoediger kan maak, sê sy.

“Ons bespreek daarom die belangrikste beleidsprioriteit vir Suid-Afrika: hoe om werkloosheid te takel, werk te skep en om almal by ’n voorspoedige toekoms in te sluit.”

Die DA voer in sy konsepdokument oor ekonomiese geregtigheid ook aan dat hy gekant is teen die onteiening van grond sonder vergoeding.

Die DA voer in sy konsepdokument oor ekonomiese geregtigheid ook aan dat hy gekant is teen die onteiening van grond sonder vergoeding.

“Wat duidelik is, is dat vergoeding vir verkopers of grondeienaars nie ’n hindernis vir grondhervorming is nie. Dit is inderdaad noodsaaklik dat enige verlies aan eiendom regverdig vergoed word om nie private eiendomsregte te ondermyn nie.

“Die rede waarom grondhervorming in die eerste plek plaasvind, is betekenisvolle regte of geregtigheid vir die begunstigdes. As eiendomsregte afgetakel word in die proses om grondhervorming in werking te stel, kry begunstigdes ’n bate waarvan die waarde aansienlik verlaag is,” lui die dokument.


Meer oor:  Helen Zille  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.