SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Politiek
Inkortings ‘sal uiteraard in ministeriële handboek wees’

Van die ingekorte voordele vir regeringslui “sal uiteraard” in die hersiene ministeriële handboek bygewerk word, sê Jackson Mthembu, minister in die presidensie.

Mthembu is Donderdag op ’n mediakonferensie by die parlement hieroor uitgevra nadat Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag dié inkortings in sy mediumtermynbegrotingsrede aangekondig het.

Voordele ten opsigte van ampswonings, ampsmotors, reise en ondersteuningspersoneel vir lede van die uitvoerende gesag en van hul gesinslede word onder meer in die ministeriële handboek uiteengesit.

Mboweni het onder meer aangekondig dat pres. Cyril Ramaphosa sekere riglyne goedgekeur het as deel van ’n poging om koste te bespaar. Dit sluit in:

* Dat die salarisse van kabinetslede, premiers en LUR’e vir die afsienbare toekoms bevries word;

* Dat die koste van ampsmotors op R800 000, BTW ingesluit, vasgestel word;

* Dat bedrae wat van die staat vir selfone geëis kan word, beperk word;

* Dat plaaslike vlugte in ekonomiese klas moet wees; en

* Dat konsultasie oor binnelandse en internasionale reise en verblyf sal plaasvind.

Ministers moet dienende staatsamptenare wees eerder as pronkerige politieke bekendes wat duur leefstyle ten koste van belastingbetalers handhaaf. Om ’n minister te wees is nie ’n langdiensprys nie – ministers vervul ’n kritieke rol deur mense te dien en Suid-Afrika deur moeilike tye te stuur.

Toe Mthembu oor die inkortings en die insluiting daarvan in die ministeriële handboek uitgevra is, het hy gesê hy kan in die stadium nie daaroor uitwei nie.

“Van die inkortings waarna die minister van finansies verwys het, sal uiteraard in die hersiene ministeriële handboek ingesluit word, maar op die oomblik kan ek nie meer inligting gee totdat dit afgehandel is nie,” sê hy.

Intussen het die DA Mboweni se “eerste tentatiewe” verbeteringe aan die ministeriële handboek verwelkom as ’n noodsaaklike manier om koste te bespaar “hoewel dit steeds nie heeltemal genoeg is nie”.

Dr. Leon Schreiber, DA-LP, het Donderdag in ’n verklaring sy kommer daaroor uitgespreek dat die minister nie na ander voordele verwys het soos dat ministers 15 personeellede in hul private kantore in diens kan neem en ná hul aftrede vir die res van hul lewe op gratis vliegkaartjies in besigheidsklas geregtig is nie.

Die DA het volgens Schreiber sedert die ministeriële handboek die eerste keer in 2007 bekend gestel is daarvoor geveg dat verkwiste besteding van belastingbetalersgeld op luukse goedere, besigheidsklasvlugte, buitensporige salarisse, BBP-veiligheid en onnodige internasionale reise gesny moet word.

“Ministers moet dienende staatsamptenare wees eerder as pronkerige politieke bekendes wat duur leefstyle ten koste van belastingbetalers handhaaf. Om ’n minister te wees is nie ’n langdiensprys nie – ministers vervul ’n kritieke rol deur mense te dien en Suid-Afrika deur moeilike tye te stuur.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.