Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, het Woensdag amptelik die regulasies vir die staat van inperking wat Maandagaand deur pres. Cyryl Ramaphosa aangekondig is, in die staatskoerant publiseer.
Die regulasies is in terme van artikel 3 van die Wet op Rampbestuur van 2002 gepromulgeer en maak onder meer voorsiening daarvoor om die beweging van mense drasties te beperk – behalwe in gevalle waar hulle ‘n noodsaaklike diens bied of benodig, ‘n maatskaplike toelaag moet gaan haal of chroniese of lewensnoodsaaklike mediese benodig.