Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
IVP-LP (32) is voorsitter van Skoor

Een van die jongste LP’s in die Nasionale Vergadering (NV), Mkhuleko Hlengwa van die IVP, is die nuwe voorsitter van die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor).

Die IVP het Vrydag bevestig dat die party die pos aangebied is in die nuwe parlementêre termyn en dit aanvaar het.

Mkhuleko Hlengwa, IVP-LP. Foto: Nasief Manie

Narend Singh, IVP-hoofsweep, het Vrydag in ’n verklaring gesê die party het vir Hlengwa (32) benoem vir die pos omdat hy oor die afgelope vyf jaar ’n aktiewe lid van die komitee was en ’n “formidabele rol” gespeel het om staatsdepartemente aanspreeklik te hou.

“Ons glo die pos is vir die IVP aangebied weens ons ferm standpunt en sterk posisie oor korrupsie om die uitvoerende gesag en alle staatsdepartemente aanspreeklik te hou. Die IVP is vol vertroue dat die agbare Hlengwa sy rol met integriteit en toewyding sal vervul.”

Hlengwa, wat sedert 2014 ’n lid van die NV is, is die nasionale partywoordvoerder, asook die huidige leier van die IVP-jeugbrigade.

Dié pos word tradisioneel deur ’n lid van die opposisie gehou.

Hlengwa se aanstelling volg nadat Themba Godi, leier van die African People’s Convention (APC), die afgelope 14 jaar dié pos beklee het.

Godi is ná Mei se algemene verkiesing nie meer ’n LP nie omdat die APC nie genoeg stemme gewen het om ’n setel in die parlement te kry nie.

Meer oor:  Mkhuleko Hlengwa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.