Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Jammer Cyril sê nie oor grond, misdaad, plaasaanvalle’

Dit is jammer pres. Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede nie aandag gegee aan die beleidsonsekerheid oor grond, landelike veiligheid en die droogtekrisis nie, sê Dan Kriek, president van Agri SA, die grootste landbou-organisasie in die land.

“Dit is kommerwekkend dat hy niks oor die erge en voortslepende droogte wat verskeie provinsies raak, gesê het nie.

Dan Kriek, president van Agri SA.Foto: Deaan Vivier

“Hy het ook geen melding gemaak van die toenemende geweldsmisdaad in landelike dele nie,” sê Kriek.

“Boere is onder druk weens beleidsonsekerheid, misdaad en droogte. Die president moet aan die sektor die ondersteuning gee om volhoubaar te kan wees.”

Kriek sê behalwe daarvoor, verwelkom Agri SA die staatsrede.

“Agri SA benadruk en verbind hom tot pres. Ramaphosa se stelling dat dit elke Suid-Afrikaner se verantwoordelikheid is om vooruitgang te verseker.

“Die president se verbintenis om die Suid-Afrikaanse skip uit moeilike waters te stuur, kan geprys word.

“Dié staatsrede moet gesien word teen die agtergrond van jare lange grootskaalse korrupsie, ’n verswakte ekonomie, die aftakeling van instellings en die haglike toestand van staatsinstellings soos Eskom. Dit is nou tyd om hande te vat en saam te werk.”

Ramaphosa het wel erkenning aan die landbousektor gegee en die waardevolle bydrae wat dié tot die ekonomie lewer. Hy het gesê die sektor is goed ontwikkel, veerkragtig en gediversifiseerd, en dat landbou as basis kan dien om die ekonomie te help groei.

“Die opbou en herstel van die ekonomie moet nóú op die voorgrond geplaas word. Ons moet beleidsekerheid hê om sodoende beleggers na ons sektor en Suid-Afrika te lok.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.