Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Jankielsohn: ‘Ek het lank gespaar vir my plasie’

“Ek sal tot die dood toe veg vir dit waarvoor ek hard gewerk het en wat ek deur die vrugte van my arbeid verwerf het en die regte van ander verdedig om dieselfde te doen.”

Roy Jankielsohn se kerkie op sy plaas. Foto: Facebook

Dié inskrywing deur dr. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, het wyd kommentaar op Facebook uitgelok.

Jankielsohn skryf op Facebook dat hy en sy vrou, Astrid, nog altyd ’n salaris verdien het en dat hulle dit gebruik het om verskeie verbande by banke oor jare op eiendom af te betaal wat uiteindelik daartoe gelei het dat hulle in 2006 ’n klein plasie van 150 ha kon koop.

Die plasie is in die Bethlehem-distrik.

“Ons het nooit dié grond gesteel soos wat mense beweer bloot as gevolg van ons ras nie.”

Hy skryf: “Kollegas in die parlement en die wetgewer wat gesê het dat ons ons eiendom gesteel het en wat die afvat van grond sonder vergoeding bevorder, het gekies om met hul salarisse motors en huise in stede te koop wat meer as ons plaaseiendom gekos het.”

Jankielsohn skryf dit is elkeen se reg om sy of haar salaris (die vrugte van hul arbeid) na goeddunke te bestee.

“Niemand het die reg om die vrugte van jou arbeid van jou te steel of weg te vat nie.

“My politieke loopbaan was daarop gebaseer om ’n gemeenskap in Suid-Afrika te bou waarin geleenthede vir almal beskikbaar is en wat op die beginsels van vryheid en gelykheid berus, wat insluit die herbesoek en regstelling van die onregverdighede van die verlede.

Dr. Roy Jankielsohn. Foto: Netwerk24

“Ek het naïwelik nooit daaraan gedink dat herbesoek en regstelling ’n vorm van rasgebaseerde vergelding sou insluit nie,” skryf hy.

Lorna Hay skryf: “Dit is hartseer, Roy. Ons het dieselfde gedink, maar dinge word nie beter nie. Dit word slegter.”

Arthur Smal skryf: “Roy, jy sê nie ’n woord oor die moord op blanke boere, asook die moord op ongebore babas (aborsies) nie, hoekom?”

Diane Joubert skryf: “Kyk wat in Zimbabwe, Zambië en ander Afrika-lande gebeur het waar Europeërs verjaag is. Die lande het in armoede weggesink en oorlog onder mekaar is aan die orde van die dag. Suid-Afrika sal dieselfde pad loop. Die verskil is dat hulle vlugtelinge ’n land het waarheen hulle kon gaan, maar ons en die vlugtelinge wat hierheen gekom het, het nêrens om heen te gaan nie.”

Meer oor:  Da  |  Roy Jankielsohn  |  Bethlehem  |  Grondkwessie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.