Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Jiba het 7 dae om laaste vertoë tot komitee te rig

Adv. Nomgcobo Jiba, wat vroeër deur pres. Cyril Ramaphosa as adjunkdirekteur van nasionale vervolging in die pad gesteek is, het een “finale geleentheid” om vertoë tot LP’s te rig oor waarom sy in haar pos moet aanbly.

Adv. Nomgcobo JibaFoto: Beeld

Die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie het Dinsdag besluit om Jiba sewe kalenderdae te gee om dié vertoë tot die komitee te rig.

Sy en haar kollega, adv. Lawrence Mrwebi, het vroeër tien werkdae gehad vir sulke vertoë.

Mrwebi het daaraan voldoen, terwyl Jiba haar tot die hooggeregshof in Kaapstad gewend het om die parlement te verbied om voort te gaan met sy proses en vir ’n aansoek om in haar pos heraangestel te word. Die hof het egter vroeër vandeesmaand haar aansoek met koste van die hand gewys.

Ramaphosa het twee advokate in April afgedank nadat die Mokgoro-kommissie bevind het dat Jiba, destydse adjunkdirekteur van nasionale vervolging, en Mrwebi, destydse hoof van die gespesialiseerde handelseenheid, onbevoeg is vir hul poste in die nasionale vervolgingsgesag.

Jiba wil in die tweede deel van haar hofaansoek – wat nog deur die hof aangehoor moet word – hê die hof moet gelas dat Ramaphosa die Grondwet en die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag geskend het en onwettig opgetree het toe hy die kommissie van ondersoek teen haar begin het.

Die parlementêre proses om te bepaal of Ramaphosa se besluit geldig was om die twee af te dank, is vroeër opgeskort hangende die uitslag van Jiba se hofaansoek. Ingevolge die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag het die parlement die reg om te besluit of die twee advokate in hul poste herstel moet word of om dit nie te doen nie.

Die parlementêre regsadviseur het aan die komitee gesê daar is geen hindernis in die reg wat die komitee verhoed om hul besprekings oor die kwessie voort te sit nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.