Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Jiba, Mrwebi het tot Dinsdag om te reageer op verslag

Die geskorste advv. Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi het tot Dinsdag om kommentaar te lewer oor hoekom hulle bevoeg is om by die nasionale vervolgingsgesag (NVG) te werk.

Afgetrede regter Yvonne Mokgoro. Foto: Sarel van der Walt

Die presidensie het Donderdag in ’n verklaring gesê pres. Cyril Ramaphosa het afskrifte van die verslag van afgetrede regter Yvonne Mokgoro se kommissie van ondersoek na hul geskiktheid om in die NVG te dien aan Jiba en Mrwebi gestuur.

Jiba, nasionale adjunkdirekteur van openbare vervolgings, en Mrwebi, ’n spesiale direkteur, is met volle salaris geskors.

Mokgoro, ’n afgetrede regter van die konstitusionele hof, en haar paneel, adv. Kgomotso Moroka SC en Thenjiwe Vilakazi, ’n prokureur, het vroeër ses weke lank in Centurion getuienis aangehoor.

Die inhoud van die verslag is nie bekend nie.

Hoewel Mokgoro reeds op 1 April haar verslag aan die president gestuur het, het sy Dinsdag met Ramaphosa vergader.

Sy het op dié geleentheid leergebinde afskrifte van haar verslag aan hom gegee en aan die president die geleentheid gebied om vrae oor die verslag te vra.

Die presidensie sê die inhoud van die verslag sal eers bekend gemaak word nadat Jiba en Mrwebi daarop gereageer en Ramaphosa dié voorleggings oorweeg het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.