Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Jiba, Mrwebi kan nou sê oor hul pos by NVG

Advv. Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi het tien werksdae om vertoë tot LP’s te rig oor waarom hulle in hul poste herstel moet word al dan nie.

Lede van die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en die gekose komitee oor veiligheid en justisie het dié besluit Vrydag op ’n gesamentlike sitting geneem. Die komitee het die verwydering van die twee advokate uit hul poste by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) oorweeg.

Bulelani Gratitude Magwanishe, voorsitter van die portefeuljekomitee, sê Jiba en Mrwebi het tien werksdae om vertoë tot die twee komitees te rig oor waarom hulle in hul poste herstel moet word al dan nie. Hulle moet dié vertoë afsonderlik tot die twee komitees rig omdat die komitees dit afsonderlik gaan oorweeg.

Adv. Nomgcobo Jiba

Magwanishe het aan Netwerk24 verduidelik dat die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag bepaal dat die parlement die reg het om die twee advokate in hul poste te herstel of om dit nie te doen nie.

“Die parlement het die mag om die president se besluit om te keer, so dit is waarom ons as die parlement gevoel het dat as hulle steeds verdere vertoë wil rig, dit nog ’n been van die ondersoek kan wees.

“Die twee komitees sal afsonderlik vergader omdat ons enige skuiwergate wat prosedureel of tegnies van aard is, wil vermy. Ons probeer ons bes om te verseker dat, selfs as iemand die parlement wil hof toe neem, dit beskou word dat ons ’n regverdige proses gevolg het,” sê Magwanishe.

Die twee advokate is in April deur pres. Cyril Ramaphosa afgedank nadat die Mokgoro-kommissie bevind het dat Jiba, destydse adjunkdirekteur van nasionale vervolging, en Mrwebi, destydse hoof van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid, onbevoeg is vir hul poste in die NVG.

Die konstitusionele hof het egter in Junie bevind dat Jiba en Mrwebi steeds as professionele advokate mag praktiseer. Dié uitspraak het ná ’n regstryd van sowat vier jaar gevolg oor of hul name, sowel as dié van adv. Sibongile Mzinyathi, weens beweerde wangedrag in drie sake van die rol van die Algemene Balieraad geskrap moet word. Die konstitusionele hof het die aansoek om verlof tot appèl op ’n appèlhof-uitspraak deur die Balieraad van die hand gewys. Regter Chris Japhta het die eenparige uitspraak van ’n volbank regters voorgelees en gesê die konstitusionele hof het nie jurisdiksie om oor die saak te beslis nie omdat dit nie ’n grondwetlike kwessie is nie.

Die portefeuljekomitee is geskeduleer om hul besprekings oor Jiba en Mrwebi se vertoë op 20 Augustus te begin oorweeg, terwyl die gekose komitee dit op 21 Augustus gaan doen.

Meer oor:  Lawrence Mrwebi  |  Nomgcobo ­Jiba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.