Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Jimmy Manyi Zuma se nuwe segsman

Die omstrede Mzwanele (Jimmy) Manyi is oudpres. Jacob Zuma se nuwe woordvoerder.

Dié aankondiging is op Twitter deur Dudu Zuma-Sambudla, dogter van Zuma, gedoen.

Manyi is ’n voormalige woordvoerder van die regering in die tyd toe Zuma nog president was. Daarna het hy direkteur-generaal van arbeid geword.

Mzwanele (Jimmy) Manyi, toe hy nog die regering se woordvoerder was.

Hy is ook ’n eertydse voorsitter van die Black Management Forum en die man wat die Guptas se ANN7-televisiekanaal en die koerant The New Age oorgeneem het. Nie een van hulle bestaan meer nie.

Manyi, ’n lid van die African Transformation Movement (ATM), is bekend om sy aansteeklike harde laggie.

Manyi was nog altyd bekend as ’n groot ondersteuner van Zuma. Sy eerste taak sal wees om die oudpresident se beeldpoetser te wees wanneer hy weer volgende maand in die hooggeregshof in Pietermaritzburg verskyn. Hy staan saam met die Franse wapenvervaardiger Thales op 16 aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en rampokkery tereg wat met die destydse wapenskandaal verband hou.

Sowel Zuma as Thales ontken skuld.

Zuma het met sy vorige verskyning aansoek gedoen dat adv. Billy Downer, SC, die aanklaer, hom aan die saak onttrek. Die oudpresident voer aan hy sal nie ’n regverdige verhoor kry as Downer die aanklaer is nie.

Manyi het aan News24 gesê Zuma het hom genader omdat hy iemand nodig het om sy kant van die storie duidelik en hard te verkondig. Zuma wil iemand hê wat die politiek van die land verstaan en weet hoe die regering se verkrygingsproses met die destydse wapentransaksies gewerk het.

“Só hoop hy sy boodskap aan die publiek is duidelik, onpartydig en verstaanbaar,” sê Manyi.

Carl Nieuhaus, woordvoerder van die Umkontho we Sizwe-militêre-veterane-vereniging (MKMVA) wat noue bande met Zuma het, het by navraag aan Netwerk24 gesê die aanwysing van Manyi as die oudpresident se woordvoerder verander glad nie dié organisasie se rol nie.

“Ons (Niehaus en die MKMVA) was nog nooit pres. Zuma se woordvoerders nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.