Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Jo’burg se burgemeester verskyn voor Zondo

Geoff Makhubo, burgemeester van Johannesburg, getuig Vrydag voor die Zondo-kommissie van ondersoek.

Makhubo is by bewerings van korrupsie betrek in getuienis oor die IT-maatskappy EOH.

Volgens getuienis van Steven Powell, hoof van die firma ENSafrica se forensiese afdeling, het EOH ’n lonende staatskontrak losgeslaan slegs twee dae nadat hy glo honderde duisende rande aan Molelwane Consulting, Makhubo se maatskappy, betaal het.

Makhubo was op daardie tydstip die burgemeesterskomiteelid vir finansies van die Johannesburgse metroraad.

Powell het Dinsdag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verskyn, het Christiaan du Plessis berig.

Hy het in sy getuienis na verskeie verdagte betalings aan Molelwane Consulting verwys. Dit is glo deur Patrick Makhubedu, ’n werknemer van EOH, bewimpel.

Geoff Makhubo, burgemeester van die Johannesburg-metro. Foto: Deaan Vivier

In een voorval het Makhubedu ’n faktuur van R570 000 aan die finansiële beampte van EOH gestuur met die versoek dat die bedrag aan Molelwane betaal word.

Volgens Powell was Molelwane se bankrekening omtrent dolleeg voordat R570 000 inbetaal is.

Die transaksie se verwysing was “TSS”. Dit staan vir Tactical Software Solutions, ’n maatskappy wat in 2011 deur EOH oorgekoop is.

Powell het getuig hul ondersoek kon nie bewyse oplewer dat Molelwane ooit werk vir EOH gedoen het nie.

Twee dae ná die betaling het die metro EOH ingelig dat dit die metro se IT-tender ter waarde van R404 miljoen losgeslaan het.

Die ANC in die groter Johannesburg-streek het Donderdagaand in ’n mediaverklaring gesê Makhubo, wat ook die streeksvoorsitter is, sal sy volle samewerking aan die Zondo-kommissie gee.

Die verklaring lui verder dat die ANC verwikkelings by die Zondo-kommissie waarneem en “waar nodig sal die ANC inligting oor verdere optrede gee as ’n liggaam wat ’n onversetlike houding oor verantwoordbaarheid ingeneem het.”

Die party sê hy doen daarom ’n beroep op ANC-lede en -leiers wat Makhubo ondersteun om dit in hul individuele kapasiteit te doen in lyn met die resolusies van die party.

Meer oor:  Zondo-Kommissie  |  Geoff Makhubo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.