Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Joernalis ontken sy kry Bosasa-geld vir mooi broodjies

Die joernalis Pinky Khoabane ontken dat sy sedert 2012 geld van Bosasa ontvang het om positiewe berigte oor die maatskappy te skryf.

Pinky KhoabaneFoto: Twitter

Angelo Agrizzi het in sy getuienis voor die Zondo-kommissie die vinger na Khoabane gewys as een van die joernaliste wat omkoopgeld vir positiewe publisiteit oor Bosasa ontvang het.

In ’n onderhoud Maandag met die radiostasie Power FM het Khoabane dit egter ontken. Sy het in die onderhoud gesê sy het in Oktober verlede jaar ’n opname ontvang waarin Agrizzi uitvaar teen onder andere Adriaan Basson, hoofredakteur van News24, en Derek Watts van Carte Blanche. Volgens Khoabane het City Press ’n artikel oor die opname gepubliseer, maar nagelaat om Basson of Watts se name daarin te noem. Khoabane sê sy het Bosasa gekontak om daaroor met hul woordvoerder, Papa Leshabane, te praat. “Ek het ’n e-pos as bewys.” Leshabane het volgens haar bevestig dat die opname bestaan.

Agrizzi het Maandag getuig Leshabane het Khoabane, ’n rubriekskrywer vir die Sunday Times, en twee ander joernaliste, ene “Bongs” van die Oos-Kaap en “Ntuli”, wat na bewering vir The Star of die Sunday Times werk, betaal.zondo

In reaksie op Khoabane se bewerings het Basson getwiet dat Khoabane sedert verlede jaar leuens oor hom verkoop. “Ek vind meneer Agrizzi se getuienis dat sy na bewering deur Bosasa betaal is om my te diskrediteer, interessant. Ek sal dit verder ondersoek,” het Basson getwiet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.