Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Joernaliste op hul agterpote oor Agrizzi-getuienis

Van die joernaliste en mediakonsultante wat deur Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van die omstrede fasiliteitebestuursgroep Bosasa, in sy jongste getuienis voor die Zondo-kommissie by beweerde omkopery betrek, is van plan om hom daaroor voor die kommissie te takel.

Stephan Laufer en Pinky Khoabane het dié voorneme Maandag bekend gemaak nadat Agrizzi hulle in Johannesburg in sy nuutste getuienis voor die kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, betrek het.

Angelo AgrizziFoto: Felix Dlangamandla

Agrizzi het Maandag onder meer beweer dat Papa Leshabane, direkteur van Bosasa, sedert 2012 maandeliks sowat R30 000 se omkoopgeld in kontant by hom kom haal het om joernaliste om te koop om goeie berigte te skryf oor Bosasa, wat toe aan erge negatiewe publisiteit onderhewig was.

Hy het getuig hy kon egter nie die omgekoopte joernaliste se volle name onthou nie, maar dat dit wel destyds in sy swart boekie aangeteken is. Die name van almal wat omkoopgeld van gesamentlik tussen R4 miljoen en R6 miljoen per maand van Bosasa moes kry, is in daardie swart boekie aangeteken, het die kommissie gehoor.

“Een naam was Ntuli, wat blykbaar vir die Times of The Star gewerk het. Dan was daar ook ’n Pinky Khoabane en iemand in die Oos-Kaap wat net as Bongs bekend was.”

Hy onthou egter net een of twee goeie stories wat destyds oor Bosasa geskryf is, maar nie deur wie nie.

Volgens Agrizzi was daar ook ene Benedicta Dube en Stephen Laufer wat destyds deur Bosasa as mediakonsultante ingespan is.

Agrizzi het ook onthul hoe Bosasa destyds ook onopspoorbare telefone (burner phones) gebruik het om joernaliste soos Adriaan Basson, nou hoofredakteur van News24, wat negatief oor Bosasa berig het, “dag en nag” te dreig en te teister.

Laufer het Maandag in ’n verklaring gesê Bosasa het hom in 2006 genader om hulle met media-verhoudinge te help, soos wat hy toe ook vir talle ander maatskappye gedoen het.

Sy verhouding met Bosasa het egter laat in 2007 geëindig nadat hy “die voet dwars gesit het toe ek Agrizzi my opdrag gegee het om duidelike onetiese aktiwiteite teen spesifieke joernaliste te onderneem”.

“Ek het Agrizzi en sy maatskappy onmiddellik as klante afgedank. Ek sal bly wees om myself voor die kommissie beskikbaar te maak as dit vereis word.”

Khoabane het Maandag in ’n reeks twiets onder meer Agrizzi se getuienis oor haar as “onsin” beskryf.

Sy het bygevoeg dat sy nog nooit vir Agrizzi ontmoet het nie, maar eenvoudig net verslag gedoen het oor sy “rassistiese” uitlatings en sy verbintenisse.

“Ek sal ’n voorlegging aan die Zondo-kommissie doen. Natuurlik sal ek hom onder kruisondervraging neem,” het sy getwiet.

* Intussen het Zondo Maandag bevestig dat die kommissie Vrydag ook met die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) vergader het.

Dit volg nadat hy verlede week sy kommer uitgespreek het oor joernaliste wat getuienis publiseer voordat in die kommissie daaroor getuig is.

Volgens Zondo twyfel hy glad nie dat Sanef die kommissie se werk ten volle ondersteun en nie die integriteit daarvan in gevaar sal stel nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.