Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Jongmense moet ook werkgewers wees, sê Mmusi
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Vrydag as deel van dié party se jeugdagvierings ’n krans by die Hector Pieterson-gedenkteken in Soweto gelê. Foto: Verskaf

Dit is nie net belangrik dat jong mense in Suid-Afrika werk kry nie, maar ook dat hulle as werkgewers uitstyg.

Dit was gister die boodskap wat Mmusii Maimane, DA-leier, Saterdag by die Fort Hare-universiteit in Alice in die Oos-Kaap op die party se Jeugdag-byeenkoms aan die jeug oorgedra het.

“Hierdie instelling het ’n belangrike rol in die geskiedenis van ons land gespeel. Fort Hare het langer as 100 jaar aan die voorpunt van maatskaplike en politieke verandering in Suid-Afrika gestaan,” het Maimane gesê.

“Van ons land se grootste leiers en staatmakers van die struggle was hier.”

Hy het na Oliver Tambo, Nelson Mandela en Desmond Tutu verwys.

“Daar is ’n ryk geskiedenis van swart leierskap wat sy akademiese en intellektuele wortels al die pad na Alice kan naspoor,” het hy gesê.

Maimane het gesê daar is tans amper 9,5 miljoen Suid-Afrikaners wat nie ’n werk kan kry nie en twee uit drie mense jonger as 24 staan die kans om werkloos te wees.

“Dit is ons tikkende tydbom. Ons kan nie eens dink daaraan om ’n welvarende land op te bou as ons nie ’n plan het om ons jongmense deel van die ekonomie te maak nie,” sê Maimane.

“Ja, hulle moet werk kry. Maar hulle moet ook werkgewers word. Ons moet ’n kultuur van entrepreneurskap bevorder, en dan alles doen wat ons kan om te verseker dat ons jong entrepreneurs sukses behaal. Nie net vir hul onthalwe nie, maar ter wille van ons land.”

Oplossings moet oorweeg word, soos ’n jaar van nasionale burgerlike diens vir die jeug.

Nie almal wat skool verlaat, kwalifiseer vir hoër onderwys nie. Dus moet daar ’n plan wees wat verskeie opsies vir almal insluit.

“Ons moet intern- en vakleerlingskappe vir skoolverlaters drasties uitbrei,” het Maimane gesê.

Oplossings moet oorweeg word, soos ’n jaar van nasionale burgerlike diens vir die jeug, het hy gesê.

“Enigiets om jongmense in staat te stel om ’n voet op die werkleer te kry.”

Geleenthede vir jong Suid-Afrikaners moet, volgens Maimane, ’n gebiedend noodsaaklike fokus wees.

“Dit moet ’n loopbaanplan wees wat die verbetering van ons vroeë kinderontwikkelingsentrums insluit, die herstel van ons mislukte basiese onderwysstelsel en die uitbreiding van toegang tot tersiêre onderwys, met ’n werklik progressiewe befondsingsmodel waar die armes gesubsidieer word, maar diegene wat dit kan bekostig wel betaal,” het Maimane gesê.

Hy sê die vraag moet gevra word watter rol ons jeug moet speel om ’n land te bou wat vir almal werk.

Meer oor:  Mmusi Maimane  |  Jeug  |  Ekonomie  |  Werkloosheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.