Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
JP Smith: ‘G’n skandaal oor my kwalifikasies’
JP Smith Foto: Jaco Marais

Hy was nog altyd openlik oor sy kwalifikasies en daar is geen skandaal rakende sy onvoltooide honneursgraad nie.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid in die Kaapse metroraad, het só gereageer op beweringe dat hy oor sy kwalifikasies lieg.

The Weekend Argus het Donderdag in ’n aanlyn berig gesê Smith was in 2018 ’n spreker by ’n konferensie oor veiligheid in die Wes-Kaap. Sy profiel as spreker het glo aangedui hy het ’n honneursgraad in Engels aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. In die berig word gesê dat Smith nooit sy honneurs voltooi het nie en opgeskop het om ’n loopbaan in die politiek te volg.

Smith sê in ’n verklaring hy gee dit nog altyd akkuraat weer.

“My CV verklaar nog altyd baie duidelik dat ek nie my honneursgraad voltooi het nie. Ek wou nog altyd terugkeer om dit te voltooi, maar my werklading oor die afgelope paar jaar het dit nie moontlik gemaak nie,” sê hy.

Smith sê daar moes die een of ander tyd ’n fout ingesluip het en die woord “onvoltooid” is weggelaat. Dié fout moes vir ’n paar jaar ongesiens gebly het totdat dit raakgesien en reggestel is.

“Ek was tot nou toe nie bewus van die fout nie. Dit is baie duidelik nie met opset gedoen om enigiemand ’n rat voor die oë te draai nie en ek het ook glad nie daarby baat gevind nie,” sê hy.

“Ons het al ondersoek ingestel na die fout wat in 2018 begaan is. My kantoor sou van tyd tot tyd help om sulke inligting aan te stuur wanneer dit versoek word.”

Hy sê verder dat hy in elk geval nie danksy sy kwalifikasies as spreker opgetree het nie.

“Ek is nooit na ’n geleentheid genooi op grond van die feit dat ek ’n honneursgraad het nie. Dit is irrelevant tot die rol wat ek vervul.”

Smith het die publikasie daarvan beskuldig dat hy “stories opmaak pleks daarvan om te fokus op die regte kwessies wat openbare aandag benodig”.

Meer oor:  Kwalifikasies  |  Jp Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.