Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Jy kan binnekort jou mening gee oor NGV

Landsburgers kan van Oktober af landwyd hul standpunt stel oor die omstrede wetsontwerp wat uiteindelik tot die implementering van ’n nasionale gesondheidsversekeringstelsel (NGV) sal lei.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid se openbare verhore oor die NGV-wetsontwerp word van 25 tot 28 Oktober in Mpumalanga gehou. Van 1 tot 4 November is die komitee in die Noord-Kaap.

Dr. Sibongiseni Dhlomo, voorsitter van die portefeuljekomitee, het Sondag in ’n verklaring gesê dat inligting oor die openbare verhore in ander provinsies betyds verskaf sal word.

“Die openbare-deelnameproses sal ook oor naweke geskied om mense te akkommodeer wat nie in die week beskikbaar is nie.

“Die plekke waar die sittings gehou sal word, sowel as die dag en tye daarvan, sal nader aan die begin van daardie openbare verhore gekommunikeer word.”

Dhlomo doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om die pamflette te lees wat oor die NGV deur die departement van gesondheid versprei word om mense in te lig oor “hoe die NGV alle Suid-Afrikaners sal bevoordeel”.

“Die inligting is noodsaaklik om die komitee te help om tot die wetsontwerp by te dra.

“Die komitee het ook alle politieke partye wat in die parlement verteenwoordig word, ingelig sodat die partye hul onderskeie kiesafdelings in kennis kan stel van die sittings.

“Die oogmerk met die wetsontwerp is om ingevolge die vereistes van die Grondwet onder meer universele toegang tot gesondheidsdienste van gehalte daar te stel, het Dhlomo gesê.

Die oogmerk met die wetsontwerp is om ingevolge die vereistes van die Grondwet onder meer universele toegang tot gesondheidsdienste van gehalte daar te stel

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.